Ska­de aan brug in Kru­ger her­stel

Beeld - - Nuus - – Buks Vil­joen

Die Kru­ger­wild­tuin se P­ha­be­ni­hek is vir ’n week ge­sluit so­dat her­stel­werk aan die laag­wa­ter­brug op die S3-pad na­by die hek ge­doen kan word.

Vol­gens Wil­li­am Ma­ba­sa, woord­voer­der van die wild­tuin, is die brug in die vloed vroeg in Maart be­ska­dig toe dit oor­stroom het.

Die brug is kort ná die vloed ty­de­lik her­stel so­dat dit voor­lo­pig ge­bruik kon word.

Ma­ba­sa sê die mees­te van die her­stel­werk aan die brug is se­dert­dien ge­doen, maar dit word nou nood­ge­dwon­ge ge­sluit so­dat die teer­op­per­vlak ook her­stel kan word.

Die brug sal waar­skyn­lik teen Sa­ter­dag weer vir ver­keer oop­ge­stel word.

In­tus­sen kan be­soe­kers aan die wild­tuin die Num­bi- en die Kru­ger-hek ge­bruik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.