Weer­diens: Ser­pe en mus­se is die res van SA se voor­land dié week

Beeld - - Nuus - – Han­nes Kru­ger

Nog ’n kou­e­front is op pad, maar dié een bring nie so­veel re­ën saam nie en Gau­teng sal nie juis ge­raak word nie.

Gau­ten­gers het die na­week ge­bib­ber van die koue. ’n Laag­druk­stel­sel het van Vry­dag af tem­pe­ra­tu­re in die hoog­lig­gen­de de­le van die land laat daal. Dit het in die 24 uur van 08:00 Sa­ter­dag tot 08:00 Son­dag ge­mid­deld so­wat 55 mm in Gau­teng ge­re­ën.

“Die kou­e­front sal waar­skyn­lik die Wes-Kaap teen Don­der­dag be­reik en K­waZu­lu-Na­tal Vry­dag. Die ge- mid­del­de mak­si­mum tem­pe­ra­tuur in die Wes-Kaap gaan met 6 ° C daal so­dra die kou­e­front sy ver­sky­ning maak,” sê Ve­ne­tia P­ha­ku­la van die Suid-A­fri­kaan­se Weer­diens. Vol­gens haar gaan die kou­e­front Gau­teng nie veel raak nie.

Die ge­mid­del­de tem­pe­ra­tuur in Kaap­stad is van­dees­week 25 ° C en gaan teen Don­der­dag tot 19 ° C daal.

So­dra die kou­e­front K­waZu­lu-Na­tal be­reik, is daar ’n ef­fen­se kans op re­ën, maar dit gaan meest­al net la­er tem­pe­ra­tu­re ver­oor­saak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.