Borg ná land­dros se kar ge­ta­kel is

Beeld - - Nuus - Han­ti Ot­to

Die jong pa wat glo ’n land­dros van Rand­burg se BMW met ’n ha­mer toe­ge­ta­kel en hom die k-woord toe­ge­snou het, is gis­ter in die land­dros­hof in P­re­to­ri­aNoord op borg­tog van R3 000 vry­ge­laat.

Ger­hard Ja­co­bus Ver­maak (21) van Bon Ac­cord in die noor­de van P­re­to­ria is ver­le­de Dins­dag in heg­te­nis ge­neem.

Hy het glo die vo­ri­ge dag land­dros Mp­ha­fo­la­ne Ko­ma se mo­tor­rui­te stuk­kend ge­slaan en ras­sis­tie­se aan­mer­kings ge- skreeu in ’n pad­woe­de­voor­val.

Ko­ma se 12-ja­ri­ge dog­ter was ook in die voer­tuig.

Za­cha­ria Mahlat­ji, aan­kla­er, het ge­sê die ska­de aan die BMW word op meer as R20 800 ge­raam.

Land­dros Ma­ri­on Wes­sels het Ver­maak ver­bied om kon­tak – het­sy di­rek, in­di­rek, deur so­si­a­le me­dia of deur sy fa­mi­lie­le­de – met die kla­er te hê.

M­z­wak­he M­bu­li, die “Pe­op­le’s Poet”, en An­dy Mas­hai­le, voor­sit­ter van die Gau­teng­se ge­meen­skaps­po­li­sie­raad, het Ko­ma by die hof “ver­teen­woor- dig”. Hul­le is ook am­bas­sa­deurs vir In­ter­pol se teen­mis­daad­pro­jek.

Hul­le het bui­te die hof ge­sê hul­le het ’n aan­soek by die se­ni­or aan­kla­er in­ge­dien dat Wes­sels haar aan die saak ont­trek.

Lui­dens dié aan­soek, wat deur Ko­ma on­der­te­ken is, het Wes­sels by Ver­maak se eer­ste hof­ver­sky­ning ver­le­de Woens­dag “daar­op aan­ge­dring” dat die ver­rig­tin­ge tot die Vry­dag uit­ge­stel word, pleks van se­we dae, soos die staat vir ver­de­re on­der­soek ver­soek het.

“Dit het die on­der­soek­be­amp- te s­kaars ’n dag ge­gee, ter­wyl sy (Wes­sels) ver­geet dat die be­amp­te nie net dié saak het om te on­der­soek nie. Die staat het die uit­stel in­ge­vol­ge die Straf­pro­ses­wet ge­vra.

“Die op­tre­de van die voor­sit­ten­de be­amp­te im­pli­seer dat sy per­soon­li­ke be­lang by die saak het, wat my laat ver­moed dat ge­reg­tig­heid nie vir my en my ge­trau­ma­ti­seer­de dog­ter sal ge­skied nie.

“Die be­skul­dig­de in die saak het my ’n k****r ge­noem en my dog­ter is ge­trau­ma­ti­seerd deur sy op­tre­de. Die land­dros lyk be- voor­oor­deeld. Daar­om ver­soek ek dat ’n an­der voor­sit­ten­de be­amp­te aan­ge­stel word. Hier­die saak is van ’n ras­sis­tie­se aard en ver­eis ’n neu­tra­le voor­sit­ten­de be­amp­te,” lui die aan­soek.

Ver­maak moet weer op 27 Mei in die hof ver­skyn.

Mo­ni­que Bar­nard en haar ma, Lou­i­se Loub­ser, in 2013.

Land­dros Mp­ha­fo­la­ne Ko­ma se mo­tor ná die be­weer­de pad­woe­de­voor­val.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.