Man ver­kool on­her­ken­baar

Mo­tor ry van brug na­by SAID­kan­toor

Beeld - - Nuus - Le­an­ne Ge­or­ge

Die di­rek­teur van ’n maat­skap­py wat glo deur die Suid-A­fri­kaan­se In­kom­ste­diens (SAID) on­der­soek word weens be­weer­de be­las­ting­be­drog van mil­joe­ne ran­de, het ver­moe­de­lik ver­kool ná ’n mo­tor­on­ge­luk Vry­dag na­by die SAID-kan­toor in P­re­to­ria.

Dit was ook die dag waar­op dié man, Al­ber­tus Jo­han­nes Ba­rend Dey­sel (56), van sy vrou ge­skei is.

’n Toyo­ta Land Crui­ser wat aan een van Dey­sel se maat­skap­pye be­hoort, het om­streeks 04:00 van die brug by die Gar­st­fon­tein­weg-af­rit op die N1-hoof­weg af­ge­ry, op ’n par­keer­ter­rein na­by ’n SAID-kan­toor­ge­bou be­land en aan die brand ge­raak.

Die on­her­ken­baar ver­kool­de man is ver­moe­de­lik Dey­sel.

Ao. Da­ve Mil­ler, po­li­sie­woord­voer­der, het die voor­val be­ves­tig. Hy sê die po­li­sie-on­der­soek duur voort en die oor­saak van die on­ge­luk is nog on­be­kend.

’n Oog­ge­tuie het ge­sê die ver- Bert Dey­sel en sy vrou, Ma­ris­ta. Hy het ver­moe­de­lik in sy mo­tor na­by die SAID se kan­toor in P­re­to­ria dood­ge­brand. Die SAID is glo be­sig met ’n on­der­soek na een van Dey­sel se maat­skap­pye. keer was tot 11:00 ont­wrig en die po­li­sie was ure lank op die to­neel be­sig.

Jan Taks was glo be­sig met ’n on­der­soek na Vir­tus Ca­pi­tal Part­ners, een van Dey­sel se maat­skap­pye.

Vol­gens die kom­mis­sie vir maat­skap­pye en in­tel­lek­tu­e­le eien­dom (CIPC) se da­ta­ba­sis was Dey­sel die e­nig­ste di­rek­teur van dié maat­skap­py.

Op Dey­sel se Lin­ke­dIn-pro­fiel staan dat hy ’n “kon­sul­tant” by die maat­skap­py is.

San­di­le Me­me­la, woord­voer­der van die SAID, het by na­vraag ge­sê in­ge­vol­ge art. 69 van die Be­las­ting­wet van 2011 mag die SAID nie be­las­ting­be­ta­lers se in­lig­ting be­kend maak nie.

“Dit sluit in­di­vi­due en maat­skap­pye in om­dat laas­ge­noem­de ook be­las­ting­be­ta­lers is,” sê Me­me­la.

’n In­ge­lig­te sê die SAID-on­der­soek hou ver­band met ver­vals­te ei­se vir be­las­ting op toe­ge­voeg­de waar­de (BTW) ter waar­de van so­wat R85 mil­joen.

Adv. Hen­drik Pot­gie­ter, regs­ver­teen­woor­di­ger van Dey­sel se vrou, Ma­ris­ta P­re­to­ri­us Dey­sel, het be­ves­tig hul­le is be­wus van die SAID-on­der­soek na Dey­sel.

Pot­gie­ter sê die eg­skei­dings­be­vel is Vry­dag­og­gend uit­ge­reik, maar sal on­gel­dig wees as DNS­toet­se be­ves­tig Dey­sel is in die on­ge­luk dood.

Toe die be­vel Vry­dag­og­gend uit­ge­reik is, het sy vrou nog nie van die on­ge­luk ge­weet nie.

“’n Hu­we­lik word ou­to­ma­ties ont­bind by die dood van een van die ga­des en die on­ge­luk het om­streeks 04:00 die og­gend (voor­dat die be­vel uit­ge­reik is) plaas­ge­vind,” sê Pot­gie­ter.

“Maar die po­li­sie-on­der­soek sal moet be­paal of dit be­slis hy was.”

Vol­gens Pot­gie­ter het Ma­ris­ta se­dert ver­le­de week nie van haar man ge­hoor nie.

Bood­skap­pe van mee­ge­voel het die na­week op haar Fa­ce­book-blad in­ge­stroom.

Sy het Sa­ter­dag­og­gend op haar Fa­ce­book-blad ge­skryf: “Jou stem is stil . . . jou bood­skap­pe kom nie meer by my uit nie . . . ek is lief vir jou . . . hoop jy het dit ge­weet!!! Nou kan jy net rus skat­jie!”

Dey­sel het op die web­werf me­tals­pla­ce.com ge­ad­ver­teer dat hy goud teen $28 000 (so­wat R433 000) kon­tant per ki­lo­gram van die hand sit.

Vol­gens sy Fa­ce­book-blad het hy in Dar es Sa­laam, Tan­za­nië, ge­woon en van Te­te in Mo­sam­biek ge­kom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.