DNS­toet­se moet sê of lyk ver­mis­te vrou is

Beeld - - Nuus - Re­tha Fou­rie

Die po­li­sie in Lep­ha­la­le (El­lis­ras) wag op die uit­slag van DNS-toet­se op ’n by­kans ont­bin­de, naak­te vrou­e­lyk wat langs ’n pad ge­vind is, om te be­paal of dit dié van Mo­ni­que Bar­nard (19) is.

Bar­nard het op 7 A­pril ver­dwyn na­dat sy en haar kê­rel, Mor­né Jan­se van Rens­burg, die vo­ri­ge nag stry ge­kry en sy met ’n paar goed in ’n tas te voet by hul woon­stel in die dorp weg is.

On­danks die nuus oor die gru­vonds so­wat 20 km ver­der op die Lep­ha­la­le-/S­tock­poort­pad (die R510) op 6 Mei, bly Lou­i­se Loub­ser van P­re­to­ria glo haar kind leef nog. “Ek het van die be­gin af ge­glo ek gaan my kind kry, want ek kan nie die al­ter­na­tief aan­vaar nie,” het sy gis­ter ge­sê.

Loub­ser sê Bar­nard, haar laat­lam, was taam­lik de­pres­sief na­dat sy ja­re ge­le­de van haar kin­ders se pa, Nie­kie Bar­nard, ge­skei is.

“’n Mens be­sef nie hoe groot die im­pak van ’n eg­skei­ding op ’n kind is nie.”

Bar­nard het in ’n sta­di­um by haar pa in Mu­si­na ge­woon, maar is la­ter Jo­han­nes­burg toe.

Loub­ser het haar op ’n dag uit die “aak­li­ge om­stan­dig­he­de waar­in sy be­land het”, gaan haal en be­han­de­ling vir de­pres­sie laat kry.

Daar­na het Bar­nard by Loub­ser in Lep­ha­la­le gaan woon en kort­kur­sus­se in skoon­heids­te­ra­pie en as na­el­teg­ni­kus ge­doen.

“Ek wou haar help om op die been te kom en haar ma­triek te vol­tooi,” sê Loub­ser.

Voor­dat dit eg­ter kon ge­beur, het Bar­nard Jan­se van Rens­burg, toe ’n am­bags­man by die Me­du­pi-krag­sta­sie, ont­moet en by hom gaan woon.

Sy het nie ge­werk nie en was me­ren­deels tuis in hul woon­stel in Ka­meel­do­ring­straat, On­ver­wacht.

“Die aand van 6 A­pril het ons geW­hat­sApp en sy het ge­sê sy en Mor­né het ba­klei oor al­ler­lei goed, ook die vo­ri­ge aand.”

Loub­ser, wat in­tus­sen P­re­to­ria toe ver­huis het, het Bar­nard die vol­gen­de dag ge­bel, maar haar foon was af­ge­ska­kel. “Mor­né het ge­sê sy is die nag van die 6de daar weg en hy het haar laat gaan. Toe ek drie dae la­ter nog niks van haar hoor nie, het ek Lep­ha­la­le toe ge­ry en haar by die po­li­sie as ver­mis gaan aan­gee.”

Sy het ook self pam­flet­te in die dorp ver­sprei, maar dit het nie lei­dra­de op­ge­le­wer nie.

Toe kry sy ver­le­de week die nuus dat die po­li­sie ’n lyk op die R510 na­by die Deel­kraal-af­draai ge­vind het. S­peek­sel­mon­sters is van Bar­nard se ou­ers ge­neem om te be­paal of hul DNS oor­een­stem met dié van die lyk.

Ao. Frans Mo­koe­na, po­li­sie­woord­voer­der, sê hul­le is be­sig met die on­der­soek, maar wag op die DNS-uit­slag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.