Ver­dag­te uit op pa­rool toe hy glo roof

Beeld - - Nuus - Buks Vil­joen

S­kaars drie we­ke na­dat hy weens moord op pa­rool vry­ge­laat is, het Her­man Ja­bar weer met die ge­reg ge­bots.

Ja­bar (43) is in die en­kel ge­skiet ter­wyl hy glo Vry­dag­mid­dag ’n ju­we­liers­win­kel in eMa­lahle­ni (Wit­bank) pro­beer be­roof het.

Die aan­loop tot die roof­tog was en­ke­le ure vroe­ër, toe Ja­bar en sy mak­kers kapt. A­bel Ap­ha­ne, wat voet­pa­trol­lie na­by die dorp se tax­istaan­plek ge­doen het, glo twee keer met ’n stuk pyp oor die kop ge­slaan en van sy diens­pis­tool be­roof het.

Twee uur la­ter het Ja­bar na be­we­ring die A­me­ri­can S­wissju­we­liers­win­kel be­roof.

Toe die vei­lig­heids­wag Ja­bar pro­beer voor­keer, is hy in die arm ge­wond. Po­li­sie­le­de wat daar na­by met ’n teen­mis­daad­veld­tog be­sig was, het die skoot ge­hoor en soon­toe ge­hard­loop.

Ja­bar het glo ’n 9 mm-pis­tool op die po­li­sie ge­rig en is in die en­kel ge­skiet. Hy is on­der po­li­sie­be­wa­king in die pro­vin­si­a­le hos­pi­taal op­ge­neem.

Vol­gens kapt. Ed­die Hall is al die ju­we­liers­wa­re en kon­tant te­rug­ge­vind.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.