Klag teen buur­man on­der­soek ná sko­te

Beeld - - Nuus - Ni­co Gous

’n Buur­man het ro­wers wat oor­kant die straat in­ge­breek het in sy mo­tor ag­ter­na­ge­sit en een ge­wond.

Drie ro­wers het Sa­ter­dag om­streeks 21:00 die kom­buis­ven­ster van ’n huis in Wil­low­park Ma­nor in die oos­te van P­re­to­ria ge­breek.

’n T­waal­fa­ri­ge seun en die huis­wer­ker het TV ge­kyk ter­wyl die seun se pa ge­slaap het, sê maj. Mack Mn­go­me­zu­lu, po­li­sie­woord­voer­der. Die huis­wer­ker het die nood­knop­pie ge­druk en sy en die seun het na die pa se slaap­ka­mer ge­vlug waar hul­le hul­le toe­ge­sluit het tot­dat ’n vei­lig­heids­maat­skap­py op­ge­daag het.

Die ro­wers het in die huis ge­kom en vier sel­fo­ne, ’n ta­blet en ’n TV ge­steel. Die buur­man het die la­waai ge­hoor en ag­ter die ro­wers aan ge­jaag. Een van die ro­wers het op hom ge­skiet en hy het te­rug­ge­skiet. Een van die ro­wers is twee keer ge­tref.

Die po­li­sie het die TV en ’n on­ge­li­sen­si­eer­de vuur­wa­pen ge­kry.

’n Saak van po­ging tot moord word teen die buur­man on­der­soek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.