‘Ver­laat plaas of ons kom’

Vroue en kin­ders sal dit glo ont­geld

Beeld - - Nuus - Ren­eil­we Dhludhlu

Vyf boe­re in M­pu­ma­lan­ga het ’n W­hat­sApp-bood­skap ont­vang waar­in hul­le ge­dreig word om hul pla­se te ver­laat, an­ders sal hul vroue en kin­ders dit ont­geld.

Vier van die boe­re in die dis­trik­te Er­me­lo en Chris­sies­meer het die bood­skap­pe ver­le­de Don­der­dag ont­vang.

Sa­ke van in­ti­mi­da­sie is by die po­li­sie in­ge­dien. Die vyf­de drei­ge­ment is eers gis­ter­og­gend aan­ge­meld.

Die po­li­sie on­der­soek waar die bood­skap­pe van­daan kom.

Vol­gens kapt. Car­la Prins­loo, po­li­sie­woord­voer­der in Er­me­lo, is daar geen ver­want­skap tus­sen dié boe­re nie. Sy sê hul­le woon al­mal in ’n ra­di­us van so­wat 50 km van me­kaar.

Die bood­skap­pe dreig in En­gels dat as die boe­re nie hul pla­se ver­laat nie, ’n be­soek by hul ge­sin­ne af­ge­lê sal word.

Die bood­skap lui: “Va­ca­te your land w­hy­te [sic] man or we will for­se [sic] you. Ta­ke your wi­fe and child­ren a­way. We will vi­sit them . . . ”

Die bood­skap­pe dui nie aan teen wan­neer die boe­re moet weg wees nie.

Die fo­to op die W­hat­sApp-pro­fiel van waar die bood­skap­pe ge­stuur is, is nie van ie­mand wat die boe­re ken nie. Die fo­to is la­ter ver­wy­der. Die po­li­sie het die be­skry­wing van die per­soon weer­hou om­dat dit die on­der­soek moont­lik kan be­lem­mer.

Hen­ri Gel­den­huys, wat by lan­de­li­ke be­vei­li­ging in Er­me­lo be­trok­ke is, het die voor­val­le be­ves­tig, maar kon nie veel be­son­der­he­de gee nie weens die sen­si­ti­wi­teit van die saak en weens die vei­lig­heid van die boe­re.

“Wat ge­beur het, is baie ont­stel­lend en ons hoop dat die klag­te deeg­lik deur die po­li­sie on­der­soek sal word,” sê Ro­bert Da­vel, as­sis­tent­be­stuur­der van M­pu­ma­lan­ga A­gri SA.

Hy sê die po­li­sie moet al­le no­di­ge hulp­bron­ne ge­bruik wat hul­le na die ver­dag­te kan lei.

Prins­loo het be­ves­tig dat al die bood­skap­pe van die­self­de nom­mer is.

Dit is on­be­kend hoe die af­drei­ger die boe­re se kon­tak­be­son­der­he­de in die han­de ge­kry het.

Fo­to: TE­ARS

Daar is net 35 van dié kat­te ter wê­reld wat na­tuur­lik so ge­bo­re is en nie spe­si­fiek ge­teel is nie. Dit is ’n Ly­koi en is deur Te­ars in Kaap­stad ge­vind.

Fo­to: SKERM­GREEP

’n Skerm­greep van die bood­skap wat vyf boe­re in M­pu­ma­lan­ga ont­vang het wat dreig dat as hul­le nie hul pla­se ver­laat nie, hul vroue en kin­ders leed aan­ge­doen sal word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.