Myn­plan by re­ser­vaat be­dreig fau­na, flo­ra

Beeld - - Nuus - E­li­se Tem­pel­hoff

Tal­le in­heem­se plan­te, soos die kre­me­tart­bo­me na­by die Ts­hi­pi­se Fo­re­ver Re­sort, ’n ge­wil­de warm­wa­ter­bron in die dor­re Lim­po­po­kom, sal waar­skyn­lik ne­ga­tief ge­raak word as Su­bliflex sy sin kry om ’n kooks­steen­kool­myn langs die N­z­he­le­le-na­tuur­re­ser­vaat te be­gin.

Su­bliflex, ’n fi­li­aal van Sig­net Co­king Co­al, ’n myn­maat­skap­py waar­van die hoof­kan­toor in Hong­kong is, het sy plan­ne vir dié pro­jek be­kend ge­maak in ’n ad­ver­ten­sie wat in die plaas­li­ke koe­rant Zout­pans­ber­ger ge­pu­bli­seer is.

Su­bliflex sê in do­ku­men­te in Beeld se be­sit hy moet dié oop­groef­myn op die wild­plaas The Du­el be­gin om har­de kooks­steen­kool te myn om­dat die Ts­hi­kon­de­ni-myn, wat aan die wes­grens van die Kru­ger­wild­tuin is, uit­ge­myn is.

Dit kwel die myn­huis glo dat die land bin­ne­kort ’n te­kort aan har­de kooks­steen­kool sal er­vaar. Dié soort steen­kool word ge­bruik in die ver­vaar­di­ging van staal en sal glo ge­bruik word deur Ar­cel­orMit­tal en die nu­we staal­aan­leg wat by P­ha­la­bor­wa be­plan word.

Die myn­maat­skap­py se kon­sul­tan­te wys daar­op dat die Lim­po­po-re­ge­ring op 17 No­vem­ber 2014 aan­ge­kon­dig het die Hong Kong Mi­ning Ex­chan­ge Com­pa­ny van C­hi­na gaan ’n steen­kool­krag­sta­sie van $3,6 mil­jard by Mu­si­na op­rig. Die steen­kool wat in die Du­el­pro­jek uit­ge­haal word, sal saam met dié van Co­al of A­fri­ca (Co­AL) se Ve­le-myn by Ma­pun­gub­we en sy Mak­ha­do-pro­jek in die Sout­pans­berg in dié krag­sta­sie ver­brand word.

Su­bliflex se myn sal so­wat 200 ha be­slaan en die leef­tyd daar­van word op 24 jaar ge­raam.

As Su­bliflex en Co­AL se plan­ne al­bei goed­ge­keur word, sal steen­kool­my­ne in die Lim­po­po­kom 236 400 ha (so groot soos 472 800 rug­by­vel­de) be­slaan.

Su­bliflex weet blyk­baar nog nie waar sy wa­ter van­daan gaan kom nie. Vir hom is dit nou eers be­lang­rik om ’n myn- li­sen­sie te be­kom.

Die myn word be­plan op ’n deel van The Du­el, ’n wild­plaas wat sy in­kom­ste uit e­ko­toe­ris­me en jag ver­dien.

Su­bliflex er­ken sy werk­saam­he­de gaan ’n ne­ga­tie­we uit­wer­king hê op die ge­bied se fau­na, soos lui­perds en aas­vo­ëls, as­ook op die in­heem­se plan­te­groei, soos die kre­me­tar­te.

Die be­oog­de pro­jek sal in die V­hem­be-bi­o­sfeer en na­by tal­le an­der na­tuur­re­ser­va­te, soos N­wa­ne­di, Hon­nett, die Ku­du­land-be­wa­rea en Ek­land Sa­fa­ri’s, wees. Vol­gens bron­ne kwel dit die mees­te le­moen- en groen­te­boe­re wie se grond aan die be­oog­de myn sal grens, dat hul­le hul ser­ti­fi­se­ring vir die uit­voer­mark sal ver­loor weens myn­stof wat die streek gaan be­soe­del.

Kun­di­ges wys daar­op dat die Du­el-pro­jek met Co­AL, die in­wo­ners van die streek en boe­re, sal moet mee­ding om ui­ters be­perk­te wa­ter­bron­ne.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.