Doods­kis met steen­kool voor Gup­ta­wo­ning

Beeld - - Nuus - – E­li­se Tem­pel­hoff

Tien­dui­sen­de om­ge­wings­ak­ti­vis­te het die af­ge­lo­pe 12 dae op ses vas­te­lan­de aan #B­re­akF­ree­pro­tes­op­tog­te deel­ge­neem om in die lig van die snel ver­an­de­ren­de kli­maat myn­ en gas­maat­skap­pye wê­reld­wyd te ont­wrig.

In Jo­han­nes­burg het 15 ak­ti­vis­te Sa­ter­dag in gie­ten­de re­ën ’n doods­kis met steen­kool daar­in voor die Gup­ta­woon­kom­pleks in Saxon­wold gaan neer­sit, sê Le­ra­to Le­te­be­le van die or­ga­ni­sa­sie 350.org. Vol­gens Le­te­be­le is die Gup­ta­fa­mi­lie uit­ge­son­der as ’n sim­bool van “die vuil en kor­rup­te myn­oor­een­koms­te” wat pal in Suid­A­fri­ka ge­sluit word. “Sul­ke oor­een­koms­te ver­hin­der SuidA­fri­ka se be­we­ging na her­nieu­ba­re e­ner­gie­bron­ne.”

Op­tog­te is ook in Lep­ha­la­le voor Me­du­pi en Exx­a­ro se Groot­ge­luk­steen­kool­myn, as­ook in eMa­lahle­ ni (Wit­bank) ge­hou.

Vier or­ga­ni­sa­sies wat die #B­re­akF­ree­op­tog­te ge­lei het, het gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê: “Ons sal nie rus voor­dat al­le steen­kool, o­lie en gas voort­aan in die grond ge­hou word nie. Ons weet ons ge­sa­ment­li­ke op­tre­des be­dreig die steen­kool­, gas­ en o­lie­maat­skap­pye. Wê­reld­wye fi­nan­si­ë­le en po­li­tie­ke on­se­ker­heid ver­erg die be­drei­ging.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.