Wool­ies moet hoes ná vrou val

Beeld - - Nuus - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

’n Wool­wort­hs-win­kel in Mid­del­burg, M­pu­ma­lan­ga, gaan moet op­dok om­dat sy te­ël­vloer te glad was en ’n vrou haar stuit­jie ge­breek het na­dat sy daar­op ge­val het.

Da­na­li­na Mar­ga­re­tha Crou­camp (64) het so hard ge­val dat die pas­aan­ge­ër in haar hart ge­skuif het. Dit het ’n groot o­pe­ra­sie ge­verg om die pas­aan­ge­ër reg te stel, lui haar hof­stuk­ke in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria.

Dié hof het Vry­dag ’n ver­stek­von­nis teen Wool­wort­hs se tak in The Oaks-sen­trum in Mid­del­burg uit­ge­spreek. Lui­dens die hof­be­vel is die win­kel 100% aan­spreek­lik vir die ska­de wat Crou­camp teen hom kan be­wys.

Sy het in 2013, 11 dae voor haar 62ste ver­jaar­dag, op ’n skuins loop­vlak by die win­kel se in­gang ge­val.

Die hof het die win­kel ook be­veel om Crou­camp se regs­kos­te te be­taal.

Die om­vang van haar ska­de gaan in ’n vol­gen­de hof­ge­ding be­paal word.

Crou­camp is ’n vloot­be­stuur­der van die po­li­sie in Mid­del­burg.

Lui­dens haar hof­stuk­ke het sy op die glad­de te­ël­op­per­vlak van die loop­vlak by die win­kel se deur ge­gly toe sy wou uit­stap.

Crou­camp het aan­ge­voer die win­kel was na­la­tig, want hy het nie toe­ge­sien dat die in­gang vei­lig is en die te­ëls nie glad en ge­vaar­lik nie. Daar moes be­hoor­li­ke en doel­tref­fen­de “teen­g­lymaat­re­ëls” in­ge­stel ge­wees het om te keer dat men­se gly en val.

Die pu­bliek is ook nie in­ge­lig of ge­waar­sku teen e­ni­ge on­vei­li­ge ken­merk van die per­seel nie, lui haar hof­stuk­ke.

Be­ne­wens die frak­tuur in haar stuit­jie het sy ook in­flam­ma­sie op­ge­doen.

Crou­camp se pro­ku­reur, T­he­o­dor Wal­de­mar Sny­man van die regs­fir­ma VZLR In­ge­lyf in P­re­to­ria, het by die hof aan­soek ge­doen om ’n ver­stek­von­nis teen Wool­wort­hs wat die me­rie­te van die eis be­tref.

Sny­man sê in ’n ver­kla­ring Crou­camp se dag­vaar­ding is op 24 Fe­bru­a­rie van­jaar aan die win­kel be­te­ken. Tot nou toe het die win­kel nie ’n ken­nis­ge­wing in­ge­dien dat hy die saak gaan teen­staan nie. Daar­om is Crou­camp ge­reg­tig om aan­soek te doen om ’n ver­stek­von­nis.

Fo­to: COR­NÉL VAN HEER­DEN

Ni­co­le Mor­gan, haar seun, Mi­cha­el (6), en OB Seu­ta­ne.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.