‘Hoe gaan ek nou ’n dok­ter word?’

Ver­skeie sko­le hier her­vat nie on­der­rig

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Die­ge­ne wat sko­le in die ge­bied boi­kot, speel met die toe­koms van dui­sen­de leer­lin­ge.

So het Kat­hu V­hen­ga­ni (19), ’n gr. 11-leer­ling aan die V­hu­d­za­ni Se­con­da­ry S­chool, gis­ter ge­sê toe sy vir die twee­de ag­ter­een­vol­gen­de week nie kon skool­gaan nie.

Die V­hu­d­za­ni Se­con­da­ry S­chool was een van ve­le in die uit­ge­strek­te Vu­wa­ni-ge­bied wat on­danks plei­dooie van die re­ge­ring dat leer­lin­ge moet te­rug­gaan skool toe, nie ge­o­pen het nie.

By die mees­te sko­le het on- der­wy­sers en skool­hoof­de nie op­ge­daag nie. Ge­rug­te doen die rond­te dat hul­le eer­gis­ter­aand ge­ïn­ti­mi­deer is deur die­ge­ne wat die weg­bly-ak­sie in die ge­bied steun. Sko­le en win­kels is ge­sluit om te wys hoe on­te­vre­de in­wo­ners is om deel te wees van ’n nu­we mu­ni­si­pa­li­teit wat Ma­la­mu­le­le sal in­sluit.

In die sa­ke­ge­bied van Vu­wa­ni was die Spar en an­der win­kels ag­ter slot en gren­del.

S­traat­smou­se se stal­le­tjies was ver­la­te.

Kat­hu het ge­sê sy is moeg daar­voor om by die huis te sit.

“Ek wil skool toe gaan, ek wil ’n op­voe­ding kry om­dat ek een­dag ’n dok­ter wil word. Hoe gaan dit nou ge­beur?” het sy ge­vra.

Ma­kung­a­gu Ma­ke­ka (21), ’n gr. 9-leer­ling aan die Ma­lin­ga Wil­son Se­con­da­ry S­chool, sê sy is keel­vol dat sy nie kan skool­gaan nie. “Ek wil skool toe gaan, die re­ge­ring moet ons help, dalk kan hul­le iets doen.”

Ish­ma­el K­ge­tje­pe, LUR vir on­der­wys in Lim­po­po, het vroeg­og­gend die V­ha­fa­ma­di Se­con­da­ry S­chool in Mas­hau be­soek. Dié skool is heel­te­mal af­ge­brand.

Kin­ders het voor die af­ge­bran­de ge­bou ge­dren­tel en hoen­ders ge­vang.

K­ge­tje­pe het ge­sê daar sou gis­ter so­wat 70 mo­bie­le klas­ka­mers by sko­le in die ge­bied af­ge­laai word. Daar is meer as 200 no­dig. Hy kon nie sê wan­neer sko­le weer nor­maal sal funk­si­o­neer nie.

Teen laat­mid­dag was daar nog geen te­ken van e­ni­ge mo­bie­le klas­ka­mers nie.

Woe­den­de in­wo­ners het 24 sko­le af­ge­brand om­dat hul­le on­te­vre­de is met ’n uit­spraak van die hoog­ge­regs­hof in T­ho­hoy­an­dou dat daar nie ge­noeg gron­de is om die mu­ni­si­pa­le af­ba­ke­ning, wat hul­le saam met Ma­la­mu­le­le sal voeg, teen te gaan nie.

Po­li­sie­he­li­kop­ters sir­kel steeds oor die ge­bied en po­li­sie-N­ja­las is o­ral te sien.

In­tus­sen het Ta­ka­la­ni Ge­or­ge Ts­ha­vhuyo, ’n ANC-raads­lid van Vu­wa­ni, gis­ter in die land­dros­hof in Ma­la­mu­le­le op aan­klag­te van brand­stig­ting, op­set­li­ke saak­be­ska­di­ging en o­pen­ba­re ge­weld ver­skyn. Hy is Sa­ter­dag­mid­dag in heg­te­nis ge­neem by ’n ge­beds­dag wat die re­ge­ring ge­hou het.

Kol. Ronél Ot­to, pro­vin­si­a­le po­li­sie­woord­voer­der, sê P­rin­ce Mas­ham­ba, ook ’n in­wo­ner, sal saam met Ts­ha­vhuyo in aan­hou­ding bly tot­dat hul­le mô­re om borg­tog sal aan­soek doen.

Só lyk dit in een van die klas­ka­mers.

Leer­lin­ge pro­beer die roet van die mu­re van die Malaga­na Wil­son Se­con­da­ry S­chool af­kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.