Sa­dou vaar uit oor uit­ge­lek­te ver­slag

Beeld - - Nuus - Car­ryn­Ann Nel

Dis oor­log tus­sen An­gie Mots­hek­ga, mi­nis­ter van ba­sie­se on­der­wys, en die Suid-A­fri­kaan­se De­mo­kra­tie­se On­der­wy­sers­u­nie (Sa­dou).

Sa­dou het in ’n sterk be­woor­de ver­kla­ring uit­ge­vaar teen die uit­lap­pe­ry van die “pos­te-vir­kon­tant”-ver­slag wat Vry­dag be­kend ge­maak word.

Mug­we­na Ma­lu­le­ke, hoof­se­kre­ta­ris van Sa­dou, sê die ver­slag is niks an­ders nie as ’n ma­nier om die u­nie se re­pu­ta­sie te skaad.

Mots­hek­ga het die be­kend­ma­king van die ver­slag al twee keer uit­ge­stel. Dié ver­slag, wat volg op ’n taak­span se on­der­soek na Sa­dou-le­de wat glo teen be­ta­ling vir an­der Sa­dou-le­de pos­te aan­ge­bied het, sou al op 15 A­pril be­kend ge­stel word en toe weer op 6 Mei. Dit is nou tot 20 Mei uit­ge­stel. Die ver­slag het voor die na­week aan die Son­dag­koe­rant

uit­ge­lek. Dit stel Sa­dou in ’n sleg­te lig. Lui­dens die ver­slag hou Sa­dou die on­der­wys­stel­sel as gy­se­laar en het Sa­dou-le­de te veel mag en in­vloed in die drie­par­ty-al­li­an­sie. Die ver­slag stip­pel ook ma­nie­re uit hoe die on­der­wys­stel­sel uit die “greep” kan kom wat Sa­dou-le­de het.

Sa­dou is die groot­ste on­der­wy­sers­vak­bond met meer as 260 000 le­de land­wyd.

Ma­lu­le­ke het in re­ak­sie ge­sê hy het nou meer as ooit re­de om te glo dat die doel van die on­der­soek is om Sa­dou te be­na­deel en dat die on­der­soek vir hom geen ge­loof­waar­dig­heid het nie.

“Ons doen ’n be­roep op die mi­nis­ter om te ver­dui­de­lik hoe en wie hier­die ver­slag laat uit­lek het. Sy moet haar kop in skaam­te laat sak dat sy nie net Sa­dou nie, maar ook al die an­der u­nies mis­lei het toe sy die be­kend­stel­ling van die ver­slag met twee we­ke uit­ge­stel het. Sy wou nog ver­de­re by­dra­es in die ver­slag in­sluit.

“Dit be­ves­tig weer eens son­der twy­fel dat hier­die on­der­soek niks an­ders is nie as ’n po­ging om die beeld van die u­nie, die drie­par­ty­al­li­an­sie en die re­ge­ren­de par­ty en sy swart lei­ers­korps swart te smeer.”

Ma­lu­le­ke het dit as “des­pe­raat­heid” van die mi­nis­ter af­ge­maak om Sa­dou en sy le­de in die me­dia te be­skul­dig. “Toe ons die fou­te in die ver­slag wou uit­wys en daar­op aan­ge­dring het dat ons ge­leent­heid ge­gee word om by­dra­es te le­wer, is ons daar­van be­skul­dig dat ons die regs­pro­ses wou be­dreig.”

E­li­jah Mhlan­ga, woord­voer­der van die de­par­te­ment, wou nie kom­men­taar le­wer nie, be­hal­we om te sê dat hul­le be­kom­merd is oor die uit­lek van die ver­slag.

Fo­to: MUN­TU VI­LA­KA­ZI

Mug­we­na Ma­lu­le­ke

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.