NG kerk ap­pel­leer teen rings­kom­mis­sie se af­dan­kings

Beeld - - Nuus - Ro­man­tha Bo­tha

Die NG kerk S­tan­ford het ken­nis van ap­pèl in­ge­dien teen be­slui­te van die kom­mis­sie van die ring van Ca­le­don en dreig ook met reg­stap­pe.

’n Ge­skre­we ken­nis­ge­wing aan die rings­kom­mis­sie oor sy on­gel­dig­heid is met be­lag­li­ke ar­gu­men­te af­ge­maak, sê Ger­hard Bur­ger, woord­voer­der van die ge­meen­te.

Die ge­meen­te het toe be­sluit om ap­pèl aan te te­ken. “As dit steeds ge­ïg­no­reer word, sal die ge­meen­te geen keu­se hê nie as om reg­stap­pe te oor­weeg.”

Dit volg na­dat die rings­kom­mis­sie ds. Neil Ol­wa­gen en le­de van die kerk­raad af­ge­dank het. Die kom­mis­sie het aan­ge­voer dat min­stens een kerk­raads­lid nie ’n amp­te­li­ke lid­maat was nie en die kerk­raad sy kerk­saal aan ’n nu­we ge­meen­te on­der lei­ding van Ol­wa­gen wou ver­huur.

Ol­wa­gen se pre­di­kants­be­voegd­heid is in Fe­bru­a­rie weg­ge­neem.

Nog ’n klag is dat die kerk­raad, wat “met ge­duld en lief­de in die pro­ses be­ge­lei is”, ge­wei­er het om die be­slis­sing oor Ol­wa­gen te aan­vaar.

“Om die NG Kerk se ge­sag uit te daag, was nooit ’n oor­we­ging ty­dens en selfs ná sy ampstui­ting nie,” het Bur­ger ge­sê.

Hy meen die rings­kom­mis­sie se pas­to­ra­le be­ge­lei­ding van die kerk­raad was niks meer nie as by­een­koms­te waar di­rek­tie­we, wat teen die wen­se van die ge­meen­te was, uit­ge­reik is.

Die rings­kom­mis­sie is in be­heer van die e­re­diens­te en die ring van Ca­le­don en die si­no­de van Wes-Kaap­land gaan die ge­meen­te “help om te sta­bi­li­seer en weer ’n funk­si­o­ne­le ge­meen­te te word”, het hy in ’n ver­kla­ring ge­sê.

Die rings­kom­mis­sie en mo­de­ra­tuur van die si­no­de van WesKaap­land het Ol­wa­gen af­ge­dank om­dat hy vol­gens die rings­kom­mis­sie lid­ma­te weer ge­doop het – ’n ver­bre­king van sy pleg­ti­ge le­gi­ti­ma­sie­ver­kla­ring. Ci­ty P­ress

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.