Ma­bel Jan­sen looi kri­tiek oor aan­ne­mings

Beeld - - Nuus - Car­ryn­Ann Nel

Reg­ter Ma­bel Jan­sen was gis­ter­og­gend in ’n kort­ston­di­ge bek­ge­veg met ’n po­li­tie­ke kom­men­ta­tor op T­wit­ter be­trok­ke.

Eu­se­bi­us M­cKai­ser het eer­gis­ter ge­twiet in re­ak­sie op Rap­port se on­der­houd met Luy­an­da Xu­lu (28), wat as ba­ba wet­tig deur Jan­sen en haar man aan­ge­neem is.

Xu­lu is die dog­ter van Jan­sen se huis­wer­ker, Si­bon­gi­le.

M­cKai­ser het op T­wit­ter ge­skryf: “Ver­trou Rap­port om ras­sis­me te ver­ont­skul­dig deur ’n aan­ge­no­me vrou op hul voor­blad te sleep wat nie an­ders kan as om haar ma lief te hê nie.

“Sies, Rap­port – om ’n reg­ter se ras­sis­me te ver­skoon en dit te doen deur ’n swart vrou te ge­bruik.”

Jan­sen, wat op spe­si­a­le ver­lof ge­plaas is, het aan M­cKai­ser ge­twiet dat sy Luy­an­da en Bon­ga­ni Xu­lu on­der­skei­de­lik in 1987 en 1992 aan­ge­neem het.

“Voor 1994. Om goed te lyk in 2016?” het sy ge­twiet.

M­cKai­ser het daar­op ge­re­a­geer: “Jy is ’n ras­sis, selfs al het jy hul­le in 1976 aan­ge­neem. Wie gee om? Wat laat jou dink dat aan­ne­ming ras­sis­me kwyt­skeld? Be­dank.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.