Tan dring gees van ver­tel­ler in

Maar aan­ge­voel­de span­ning kort Met C­ho­pin gee hy te min lei­ding

Beeld - - Kuns - Paul Boek­kooi Dié kon­sert is ook Son­dag­mid­dag in Sa­sol­burg uit­ge­voer.

Ro­bert S­chu­mann was bo al­les ’n li­te­rêr ge­dre­we kom­po­nis.

Sy vroeë Pa­pil­lons (skoen­lap­pers), o­pus 2, is ge­grond op ’n to­neel uit sy ge­lief­de skry­wer Je­an Paul Rich­ter se F­le­gel­jah­re – ’n ti­tel wat slaan op ei­en­aar­dig­he­de rond­om die pu­ber­teits­ja­re.

’n Pi­a­nis moet hier die gees van ’n ver­tel­ler bin­ne­dring.

Mel­vyn Tan het in ’n groot ma­te daar­in ge­slaag met sy flu­weel­sag­te aan­slag, sy soms tem­pe­ra­ment­vol­le uit­bars­tings en ge­raf­fi­neerd ge­do­seer­de ru­ba­to’s. In hul gees­tes­oog kon luis­te­raars die skoen­lap­pers dar­te­lend sien be­weeg: klein klank­won­ders rond­om in­ti­mi­teit.

Dié o­pe­nings­werk was ook Tan se mees kon­se­kwent hoog­staan­de in­ter­pre­ta­sie van die aand, ’n mis­tas­ting of twee ten spyt.

Beet­ho­ven se laat kla­vier­so­na­tes word om­ge­we deur ’n mis­tie­ke au­ra. Die soms on­a­ka­de­mie­se vorm­ge­wing sou dan aan­sluit by ’n by­kans me­ta­fi­sie­se ge­aard­heid en die stuk­ke sou ’n toon­beeld word van mu­si­ka­le diep­gang. Tan het in die So­na­te no. 30 in E, o­pus 109, al­les baie vlot laat ver­loop en in die pro­ses was daar ’n te­kort aan ’n sterk aan­ge­voel­de span­ning, maar ook soms in­ner­li­ke rus, wat die so­na­te im­mers me­ren- deels be­hoort te be­lig­gaam.

By Tan is daar oor­koe­pe­lend ’n be­perk­te een­heid bin­ne die ar­gi­tek­tuur van die werk te be­speur.

Dit was ’n be­lang­ri­ke fak­tor wat die suk­ses al dan nie van sy ver­tol­king as ge­heel sou be­paal.

Toe­ge­gee: Daar was be­son­der­se e­le­men­te daar­in te ont­dek, soos die deur­dag­te struk­tu­re­ring van die te­ma en va­ri­a­sies­fi­na­le. Te­rug­skou­end was die spel net-net te se­re­braal, te veel ge­rig op rit­me per se en te min op ’n ge­heel­per­spek­tief wat tot ’n wa­re sa­me­bin­ding kon lei.

Die toe­voe­ging van Carl C­zer­ny se “La Ri­cor­dan­za”-va­ri­a­sies, o­pus 53, tot die pro­gram, was meer van ’n ku­ri­o­si­teit as e­nig­iets an­ders. C­zer­ny was ’n leer­ling van Beet­ho­ven, maar hy het min van dié le­gen­de se mu­si­kaal ge­dre­we ge­ni­a­li­teit ge­o­pen­baar, al het hy die de­buu­tuit­voe­ring van laas­ge­noem­de se Kei­ser­kon­sert in We­nen ge­lei om­dat die kom­po­nis toe reeds stok­doof was . . . By C­zer­ny is daar, mu­si­kaal ge­spro­ke, ’n oor­maat van frai­ings en vin­ger­ge­wys oor­da­dig baie fi­li­graan­werk. Die mu­si­ka­le in­houd speel t­wee­de vi­ool. Tan het eg­ter be­wys dat hy die es­sen­sie van C­zer­ny se eks­tro­ver­te aard vol­uit kon oor­dra.

Die hoof­werk ná pou­se was C­ho­pin se 24 P­re­lu­des, op. 28 – elk­een in eie reg ’n mi­ni­a­tuur­toon­dig wat op sy eie be­ne staan, maar tog ook met die an­der in die si­klus ge­re­la­ti­veer moet word.

Dit is in laas­ge­noem­de as­pek waar Tan se uit­voe­ring as ge­heel nie ge­noeg lei­ding aan die ge­hoor ver­leen het nie. Ar­gi­tek­tuur is skaars een van dié Ma­lei­sies ge­bo­re pi­a­nis se sterk­pun­te.

Te veel ge­jaagd­heid by die vin­ni­ge p­re­lu­des het on­ge­vraag­de aam­bors­tig­heid ver­oor­saak, maar op ’n ma­ka­be­re ma­nier jaag dit im­mer die a­dre­na­lien van ge­ho­re op. )

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.