Ra­di­o­dra­ma op RSG ver­tel wa­re ver­haal

Beeld - - Kuns -

Kaap­stad. – El­ma Post­ma en An­rich Herb­st ver­tolk die hoof­rol­le in Ri­a­na S­chee­pers se ra­di­o­dra­ma Die wit­te­brood, op 19 Mei om 20:00 op RSG.

Die ka­rak­ters Lu­cas Mal­her­be en Kla­ra Be­ster ver­skil soos dag en nag. Kla­ra hou daar­van om in be­heer te wees en ver­staan nie hoe­kom Lu­cas nie wil sê waar­heen hul­le vir hul wit­te­brood gaan nie. Hy be­loof ’n va­kan­sie in die pa­ra­dys, en ’n ma­gie­se wit­te­brood wat sy nooit sal ver­geet nie. Al be­gin die ver­hou­ding wan­kel­rig, is al­bei ver­ras oor wat met hul­le ge­beur.

Vol­gens S­chee­pers is haar on­ge­wo­ne lief­des­ver­haal op wa­re ge­beu­re ge­grond. “My man was kort na dié ge­beur­te­nis (waar­op Die wit­te­brood ge­grond is) in die O­ka­van­go, en het self met die men­se daar ge­sels oor wat ge­beur het. Dit was ’n Duit­se wit­te­broods­paar­tjie, maar ek het dit na­tuur­lik ’n A­fri­kaan­se paar­tjie ge­maak. Kan jy jou in­dink hoe daar­die hu­we­lik be­gin het?”

Die an­der spe­lers is I­van Zim­mer­man, Ni­na Marais, Ma­re­li­ze En­gel­brecht en Ar­chie Nhla­po, wat vir die eer­ste keer in ’n A­fri­kaan­se ra­di­o­te­a­ter speel. Die re­gis­seur is die ak­tri­se en om­roe­per Chris­tel­le WebbJou­bert. Sy het twee de­ka­des ge­le­de as ’n twee­de­jaar-dra­ma­stu­dent aan Tuk­kies met haar ra­di­o­dra­ma, Het ek ’n keu­se?, die t­wee­de plek in die RSG-San­lam-ra­di­o­dra­ma-skryf­kom­pe­ti­sie be­haal.

S­chee­pers se heel eer­ste ra­di­o­dra­ma, ’n Lang, lang nag, is in 2014 deur RSG uit­ge­saai.

Ra­di­o­te­a­ter word el­ke Don­der­dag om 20:00 op RSG (100 tot 104 FM) uit­ge­saai. Die ra­di­o­dra­mas word Maan­dag­og­gen­de tus­sen 01:00 en 02:00 in Deur­nag her­haal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.