‘#dow­we­dol­la’ in die Pier­neef­te­a­ter te sien

Beeld - - Kuns -

#dow­we­dol­la, een van die tien top­ver­ko­pers op van­jaar se KKNK, is op 3 Ju­nie in die Pier­neef­te­a­ter in P­re­to­ria op die plan­ke. Op 4 Ju­nie tree Mar­git Mey­er-R­ö­den­beck ook op ty­dens die Po­lo­kwa­ne-skou.

In dié nu­we ver­to­ning be­weeg Dol­la ’n bie­tjie weg van die po­li­tiek, “want dis reg­tig nou bo­ring”, hoe­wel daar el­ke nou en dan “per on­ge­luk” ’n on­be­plan­de dwars­klap is.

Dol­la storm die ge­vaar­li­ke ku­ber­ruim­te in om die ver­skil tus­sen T­wit­ter, Facebook, In­sta­gram en So­li­tai­re te pro­beer uit­pluis. Sy ont­hul die werk­li­ke re­des hoe­kom vroue nog mans “aan­hou” en sy ont­leed die Suid-A­fri­kaan­se braai uit ’n blon­de, siel­kun­di­ge oog­punt.

Ou­ma Do­we Dol­la (ook ver­tolk deur Mey­er-R­ö­den­beck) maak vir die eer­ste keer haar ver­sky­ning.

Ska­kel 012 329 0709 of stuur e-pos na in­fo@pier­neef­te­a­ter.co.za om vir die Pier­neef­te­a­ter te be­spreek en ska­kel Le­la­ne van der Mer­we by 072 369 0155 of by in­fo@po­lo­kwa­nes­how.co.za vir be­spre­kings by die Po­lo­kwa­ne-skou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.