Rand kwes­baar oor ge­rug­te oor Gord­han

Beeld - - Sake - Fran­cois Wil­li­ams

Kaap­stad. – Die rand was gis­ter op die ag­ter­voet en was in ’n sta­di­um op R15,72 teen­oor die dol­lar ver­ge­le­ke met Vry­dag se R15,40 te mid­de van be­rig­te die na­week oor be­we­rings dat die Val­ke vir Pra­vin Gord­han, mi­nis­ter van fi­nan­sies, as­ook an­der ou­damp­te­na­re van die Suid-A­fri­kaan­se In­kom­ste­diens (SAID) in heg­te­nis sou neem oor hul be­weer­de be­trok­ken­heid by ’n ge­hei­me on­der­soek­een­heid by Jan Taks.

Die rand was op koers vir sy swak­ste vlak teen­oor die dol­lar in twee maan­de en was teen laat­mid­dag 1,5% swak­ker op R15,63. Die rand vaar die swak­ste teen­oor die dol­lar ver­ge­le­ke met 30 an­der geld­een­he­de van op­ko­men­de mark­te en groot e­ko­no­mieë, vol­gens Bloom­berg.

“Po­li­tie­ke ri­si­ko is aan­sien­lik ho­ër,” waar­sku Pe­ter At­tard Mon­tal­to, ’n se­ni­or e­ko­noom by Nomu­ra In­ter­na­ti­o­nal, wat op­ko­men­de mark­te mo­ni­tor.

Hy waar­sku die rand kan teen die ein­de van die jaar op R19 teen­oor die dol­lar wees.

“Die in­heg­te­nis­ne­ming van ’n ge­re­spek­teer­de fi­nans­mi­nis­ter sal ’n groot, ka­ta­stro­fie­se mark­ge­beur­te­nis wees wat moei­lik sal wees om van te her­stel.”

Die re­ge­ring het die na­week die be­we­rings sterk ont­ken. Maar die rand het ook teen­oor die pond en eu­ro ver­swak, en e­ko­no­me van Bid­vest Bank glo dit laat die mark won­der of die re­po­koers la­ter van­dees­week on­ver­an­derd ge­hou sal word. Die Suid-A­fri­kaan­se Re­ser­we­bank be­sluit Don­der­dag oor ren­te­koer­se.

“Daar is reg­tig nie veel in die rand se guns nie. Die jong­ste sy­fers oor ver­vaar­di­ging en myn­bou het dui­de­lik die waar­skyn­lik­heid van ’n teg­nie­se re­ses­sie ver­hoog, en be­vraag­te­ken die be­gro­ting se ver­wag­te ste­wi­ge be­las­ting­in­kom­ste,” lui Bid­vest Bank se kom­men­taar.

E­ko­no­me van Ci­ti Re­se­arch sê die rand is baie kwes­baar. Die rand se swak­heid is straks ook te wy­te aan die ste­wi­ger dol­lar, wat tot die bes­te vlak in ses we­ke ver­sterk het dank­sy be­ter as ver­wag­te ver­brui­kers­be­ste­ding­sy­fers in A­me­ri­ka.

Bid­vest Bank noem die nuus dat die C­hi­ne­se sen­tra­le bank dalk al so vroeg as la­ter van­dees­maand reg­streek­se ver­han­de­ling tus­sen die rand en die C­hi­ne­se yu­an gaan toe­laat, kan die rand help her­stel.

Mon­tal­to meen die mark­te on­der­skat die po­li­tie­ke ri­si­ko.

Die JSE was heel­dag in ’n nou band van 52 000 tot 52 200 in­deks­pun­te, maar het laat mid­dag uit­ge­breek en tot 52 422 ver­sterk.

Hulp­bron­aan­de­le het sterk ge­klim. B­rent-ru­o­lie was 2% ho­ër op $48 per vat – sy hoog­ste vlak in ses maan­de. Sa­sol se aan­deel­prys het met 3% ge­styg.

Pra­vin Gord­han

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.