At­ter­bu­ry ves­tig nu­we groei­fonds

Beeld - - Geklassifiseerd - El­ma Klop­pers

Die ei­en­doms­ont­wik­ke­laar en -be­leg­ger At­ter­bu­ry Group het ’n nu­we ei­en­doms­groei­fonds ge­ves­tig as be­leg­gings­voer­tuig vir be­staan­de en toe­koms­ti­ge ba­tes in Suid-A­fri­ka, Na­mi­bië en Mau­ri­ti­us.

Die At­ter­bu­ry Pro­per­ty Fund be­gin as ’n ge­slo­te on­ge­no­teer­de fonds met aan­vank­li­ke ba­tes van R3,1 mil­jard. At­ter­bu­ry Pro­per­ty Hol­dings, waar­in Rand Mer­chant Bank Hol­dings be­sig is om ’n 25,01%-be­lang te koop, gaan 80% van die aan­de­le in die groei­fonds hou en At­ter­bu­ry se per­so­neel die oor­bly­wen­de 20%.

Dié fonds se aan­vank­li­ke ei­en­doms­ba­tes gaan in­sluit ’n be­lang van 10% in die nu­we Mall of A­fri­ca in Wa­ter­fall, Mid­rand, ’n 15%-be­lang in die Ba­ga­tel­le Mall of Mau­ri­ti­us, ’n 25%-be­lang in The Gro­ve Mall of Na­mi­bia in Wind­hoek, die Ri­ver­walk-kan­toor­park in P­re­to­ria en KPMG se Hill­si­de-kan­to­re in Lynn­wood, P­re­to­ria. At­ter­bu­ry het ont­wik­ke­lings van R2 mil­jard in die voor­uit­sig, wat teen vol­tooi­ing ook in die At­ter­bu­ry Pro­per­ty Fund ge­huis­ves sal word.

Wou­ter de Vos, uit­voe­ren­de hoof van die fonds, sê die At­ter­bu­ry Pro­per­ty Fund sal die ba­tes op guns­ti­ge voor­waar­des van At­ter­bu­ry ver­kry in ruil vir fi­nan­si­ë­le steun ty­dens die ont­wik­ke­lings­fa­se. “Dit kan uit­staan­de fi­nan­si­ë­le op­brengs­te vir aan­deel­hou­ers tot ge­volg hê.”

On­der die toe­koms­ti­ge ont­wik­ke­lings tel die 18 000 m²-uit­brei­ding van The Club, ’n ont­wik­ke­ling vir ge­meng­de ge­bruik oor­kant die P­re­to­ria Coun­try Club, waar bou­werk na ver­wag­ting vroeg vol­gen­de jaar gaan be­gin. Dan is daar ook ’n R850 mil­joen-ny­wer­heids­park, wat op ’n pri­ma per­seel in Gos­forth Park, Ger­mis­ton, ont­wik­kel gaan word.

Die fonds het ’n lang­ter­myn­be­na­de­ring, wat be­te­ken dat aan­deel­hou­ers nie vir die eer­ste paar jaar uit­ke­rings gaan ont­vang nie.

Lou­is van der Watt, uit­voe­ren­de hoof van At­ter­bu­ry Group, sê die nu­we fonds gaan At­ter­bu­ry vol ver­troue die toe­koms in neem. “Ons is op­ge­won­de oor die vol­gen­de fa­se op ons reis vo­ren­toe.”

At­ter­bu­ry, met 22 jaar op sy kerf­stok, is be­kend vir die ves­ti­ging van ei­en­doms­fond­se. Die ge­no­teer­de At­ta­cq kom uit die At­ter­bu­ry-stal en so ook die voor­ma­li­ge Att­fund, wat in 2011 aan Hy­prop ver­koop is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.