Die in­houd van ’n hand­sak kan ’n na­sie red

Beeld - - Kommentaar -

’NVrou se hand­sak is soos Pan­do­ra se boks. Dit be­sef ek weer eens een vroeg­og­gend by ’n krie­ket­wed­stryd toe my seun nog op la­er­skool was.

Ter­wyl die kan­ne­tjies op Sett­lers se sport­veld stel­ling in­neem, het die mam­mas mand­jies met fles­se kof­fie en toe­brood­jies uit die mo­tors aan­ge­dra. Vir ons het Ma­ria plaat­koe­kies ge­bak wat ek op ’n op­slaan­ta­fel neer­ge­sit het.

Dit bly da­rem die lek­ker­ste kui­er so on­der die ou­ers wat jy langs die sport­veld kry. Die wed­stryd was so ’n half­uur aan die gang toe dit eers ge­staak moes word om­dat ’n trop boer­bok­ke wat op die skool se gron­de rond­loop die wed­stryd ont­wrig het.

Ek dink toe ja-nee, dis net by ’n krie­ket­wed­stryd in die Bos­veld dat jy so iets sal sien. ’n Krie­ket­wed­stryd kan ge­staak word weens swak lig en re­ën, maar op die plat­te­land kan boer­bok­ke dit ook laat ge­beur.

So drie ou­ers van my af sien ek hoe ’n pa ’n be­skuit in sy mond druk en ek hoor hom sê: “Man, nou is ek da­rem maar lus vir ’n braai­tjie, maar ek het nie eens char­co­al hier nie.”

“Moe­nie wor­rie nie,” sê die pa langs hom af, “dis geen pro­bleem nie,” en kort voor lank kom hy met ’n sak­kie hout­skool van sy mo­tor af te­rug­ge­hard­loop. Hy plak die sak daar voor ons voe­te neer en sê self­vol­daan: “Hier­sy!” Toe hy die vraag­te­kens in ons oë sien, be­gin hy ver­dui­de­lik: “Ek ry al­tyd ’n nood­sak char­co­al in my mo­tor saam met my, want as ek lus is om te braai, kan ek e­ni­ge plek af­trek en my vuur­tjie aan­steek. As ’n man lus is om te braai, is hy lus om te braai, jul­le weet mos.”

Ek skud toe maar my kop – ek ver­staan wat hy sê. Dis maar hoe ’n vrou se hand­sak ook werk. Daar­die leer­sak­kie is veel meer as net ’n mo­de­ar­ti­kel. Of daar nou Guc­ci, Pra­da of Lou­is Vuit­ton op staan, as jy ma en eg­ge­no­te is, word al­les net vir in­ge­val daar­in saam­ge­dra: haar­rek­kies en -knip­pies, bruis­ta­blet­te vir wan­neer ’n kind kla hy is nou te moeg om ná skool te gaan oe­fen, ’n koors­pen, Res­cue Re­me­dy Drops, pe­per­sproei, koors­stroop, pleis­ters, naar­pil­le, lip­stif­fie (vier ver­skil­len­de kleu­re), 3D-bril­le, die e­lek­tri­si­teits­re­ke­ning, e­ner­gie­sta­fies, sjo­ko­la­de, die Gla­mour­tyd­skrif, par­fuum, ’n ap­pel, bil­tong, ser­vet­te vir in­ge­val die o­pen­ba­re toi­let se toi­let­pa­pier op is, brei­pen­ne en wol, ’n pen, speel­goed, wipes, die af­ge­lo­pe vier maan­de se win­kel­stro­kies (heel­te­mal, heel­te­mal te veel daar­van), die skool se nuus­brief, ’n ver­sa­me­ling kon­fyt en pak­kies sui­ker van die kof­fie­win­kel, re­stau­rant­pe­per­men­te, ’n son­bril, ’n skroe­we­draai­er en ten ein­de laas­te ’n knip­mes.

Die pa met die nood­sak hout­skool het nou wel am­per-am­per daar­in ge­slaag om ’n braai­lus te ver­sa­dig, maar met die in­houd van ’n vrou se hand­sak kan jy oor­log toe gaan.

Wat­wou, jy kan ’n na­sie red! Want sien, die pap­pas het nou wel baie ou­lik hul sak hout­skool ge­had, maar waar sou die vleis van­daan kom? Die naas­te slag­huis was Ja­pie s’n op Be­la-Be­la en dit was 30 km ver.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.