Gee die Leeus ’n kans – hul­le’t ka­rak­ter

Beeld - - Kommentaar - I­zak S­mal­man van Bail­lie­park skryf:

Ek is ’n stoe­re Leeus-on­der­steu­ner se­dert ek as jong knaap ge­reeld saam met my pa ge­col­lar en ge­tie op El­lis­park na die Trans­vaal-span gaan kyk het. Die af­ge­lo­pe na­week het die Leeus weer ge­wys wat hul­le kan doen.

Ek sal nooit sê maak die Leeus al­mal Bok­ke nie. En nee, hul­le gaan nie van­jaar en ook nie vol­gen­de jaar die Su­per-ti­tel in­oes nie. Ek weet maar al­te goed hoe hul­le kan droog­maak, soos on­langs teen die Hur­ri­ca­nes.

Die ge­leer­de sport­skry­wers praat al­tyd van “ka­rak­ter” as ver­eis­te vir ’n goeie span. Dít het die Leeus be­slis. Eer­stens om­dat hul­le kan aan­pas by die om­stan­dig­he­de, soos die af­ge­lo­pe na­week, toe hul­le die Blu­es in storm­weer met die kous oor die kop huis toe ge­stuur het. Ont­hou dat die span­ne van Nieu-See­land in sul­ke weer blom. T­wee­dens kan hul­le ver­de­dig en aan­val soos geen an­der span in die Su­per-kom­pe­ti­sie nie. Ek hoef nie ver­der oor die plus­pun­te uit te wei nie.

Hier­die ka­rak­ter­ei­en­skap­pe van die Leeus was al ver­le­de jaar sig­baar, maar om die een of an­der re­de het Hey­ne­ke Mey­er nooit die moei­te ge­doen om oor die Juk­skei­ri­vier te ry nie. Mis­kien om­dat hy nog suur was om­dat die Jo­han­nes­bur­gers sy Bul­le (soms) ge­looi het? O ja, hy het War­ren W­hi­te­ley da­rem toe­ge­laat om die duik­sak­ke vas te hou ter­wyl die Bok­ke ge­oe­fen het. W­hi­te­ley on­der­skei hom as kap­tein in e­ni­ge kom­pe­ti­sie.

Selfs S­te­phen Nell sal saam­stem dat ons met goeie spe­lers in die Leeu­kamp te doen het. Mis­kien kan S­te­phen vir Al­lis­ter Coet­zee iets in die oor fluis­ter. Coet­zee kan ge­rus na die Leeus se voor­ry en die res van die agt­tal kyk. Daar­na kan hy kyk na die ska­kel­paar en die res van die ag­ter­spe­lers. Hy sal be­slis iets hê om oor na te dink.

Fo­to: DEAAN VIVIER

Nol­lis Marais

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.