SAPD­le­de maak trots

B­rie­we

Beeld - - Kommentaar - Me­lo­dy Pie­ter­se skryf:

Vry­dag­og­gend toe ek Beeld op­tel by die hek en da­de­lik oop­maak om te sien wat op die voor­blad aan­gaan, het my oë vol tra­ne ge­skiet. Ek kan nie ont­hou wan­neer laas ek ge­sien het dat po­li­sie­le­de of ver­keers­be­amp­tes ’n e­re­wag staan vir ’n lyk­wa wat ver­by­gaan nie.

Ek ont­hou 31 jaar ge­le­de toe my lief­ste moe­der oor­le­de is, het die ver­keers­de­par­te­ment van K­lerks­dorp die stoet met mo­tor­fiet­se be­ge­lei. Al die voer­tuie wat van voor af ge­kom het, het van die pad af­ge­trek om hul laas­te eer te be­toon, al het hul­le nie ge­weet wie die oor­le­de­ne is nie. By die be­graaf­plaas se hek het die ver­keers­be­amp­tes al- mal ’n e­re­wag ge­staan tot­dat die laas­te voer­tuig in is.

Tien jaar ge­le­de het ons my pa be­gra­we en die ver­keers­de­par­te­ment ge­vra vir be­ge­lei­ding na die be­graaf­plaas. Daar het niks ge­beur nie. Op pad na die be­graaf­plaas was daar meer as een pad­vark wat voor ons wou in­druk en nie eens die laas­te eer be­toon het nie of ons net toe­ge­laat het om ons laas­te eer te be­toon nie.

Ek wil vir daar­die twee po­li­sie­le­de sê baie dan­kie. Jul­le het ons as oud­le­de en af­ge­tre­de­nes van die po­li­sie baie trots ge­maak. Dit laat jou goed voel dat daar le­de is wat ont­hou van so ’n staan­de or­der wat sê jy moet eer be­toon.

Fo­to: HER­MAN VERWEY

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.