A­fri­ka­ners aan die voor­aand van hul eie ‘st­rug­gle’

Beeld - - Kommentaar - Hen­nie Louw van Nort­hcliff skryf:

Aan­ge­sien ek glo dat A­fri­ka­ners aan die voor­aand staan van hul eie “st­rug­gle” om op lang ter­myn te oor­leef, was ek bly oor Beeld se de­bat oor die A­fri­kaan­ses.

Ek was eg­ter (ver­keer­de­lik?) on­der die in­druk dat dit sou gaan oor ’n stra­te­gie vir ons toe­koms­ti­ge op­tre­de ter­wyl dit meer oor die taal self gaan.

Ge­volg­lik was baie van die by­dra­es tot dus­ver vir my meer fi­lo­so­fies as prak­ties en af­ge­sien van ’n voor­stel vir ’n eie A­fri­kaan­se universiteit, was Kal­lie K­riel se skry­we ( Beeld, 12 Mei) die eer­ste werk­li­ke po­ging om ge­stal­te aan die ge­sprek te gee.

Hoe die de­bat ook al ver­der ge­voer sal word, is dit be­lang­rik dat ge­dag­tes oor hoe ons self­ver­sor­gend en op eie be­ne kan staan, deel daar­van moet wees. Dit wat A­friForum tot dus­ver aan­ge­pak het en ook in die voor­uit­sig stel, dien as ’n goeie voor­beeld van ’n stra­te­gie waar­op ver­der ge­bou moet word.

Kal­lie noem die be­lang­rik­heid van sterk bur­ger­li­ke in­stel­lings, maar dit im­pli­seer dat daar gro­ter sa­me­ho­rig­heid moet be­staan en wat tans ont­breek. Tog be­staan daar reeds ver­skeie in­stru­men­te, soos jeug- en kul­tuur­or­ga­ni­sa­sies, sa­ke­ka­mers en nog meer, wat net weer nu­we le­we in­ge­blaas moet word.

Ek weet dat hier­die soort praat­jies weer die eks­klu­si­wi­teit-ver­ma­ning na vo­re sal bring, maar as daar e­ni­ge re­de­li­ke po­ging is om, son­der be­na­de­ling van an­der land­ge­no­te se reg­te, op eie be­ne te staan, dan moet ons maar daar­mee saam­leef.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.