Goud­my­ne kan nie lan­ger skou­ers op­haal

Beeld - - Middelblad - E­li­se Tem­pel­hoff

In 2005 was ek in Car­le­ton­vil­le op ’n ver­ga­de­ring wat Ri­chard Spoor, men­se­reg­te­pro­ku­reur, met myn­wer­kers ge­hou het. Hy het die “hei­li­ge koei”, die goud­myn­be­dryf, daar­die dag he­wig ge­kri­ti­seer. Sy woor­de was: “As die ska­de wat goud­my­ne aan men­se se ge­sond­heid en die om­ge­wing aan­ge­rig het in geld­waar­de om­ge­ska­kel word, is die be­dryf ban­krot.”

Daar­die dag het hy be­lo­we ge­reg­tig­heid sal ge­skied vir myn­wer­kers wat in hag­li­ke om­stan­dig­he­de in my­ne aan die Wit­wa­ters­rand en op die Vry­staat­se goud­vel­de ge­werk en si­li­ko­se op­ge­doen het.

Hy is ver­guis vir die uit­la­ting. Uit al­le oor­de is hy ge­kri­ti­seer: Hoe durf Spoor so iets kwyt­raak? Was dit dan nie die goud­be­dryf wat in 1887 – kort ná die goud­storm­loop aan die Wit­wa­ters­rand – aan­lei­ding ge­gee het tot die stig­ting van die JSE nie? Dit was tog die goud­myn­be­dryf wat hon­derd­dui­sen­de werk­ge­leent­he­de ge­skep en ge­sorg het dat die Suid-A­fri­kaan­se e­ko­no­mie die sterk­ste en ryk­ste in A­fri­ka was?

Die goud­be­dryf het ge­lei tot die ont­staan van Jo­han­nes­burg en die dor­pe aan die Wit­wa­ters­rand. Myn­ba­se het ge­swem in die geld. Die myn­be­dryf het ’n groot by­drae ge­le­wer om die a­part­heids­re­ge­ring aan die gang te hou. Toe kom die oor­gang na ’n de­mo­kra­tie­se re­ge­ring. Reu­se-sub­si­dies van die vo­ri­ge re­ge­ring vir die pomp van wa­ter uit die do­lo­mi­tie­se kom­me – waar die goud­riw­we ge­lê het – is ge­staak. En een ná die an­der het die goud­my­ne toe­ge­maak en die land ver­laat. Én die wa­ter wat met so­veel min­ag­ting uit­ge­pomp is, het die kom­me sta­dig­aan weer be­gin vul.

En toe kom die skok: in 2002 bor­rel et­li­ke me­ga­li­ters suur myn­wa­ter by ’n ou ven­ti­la­sie­skag van Har­mo­ny Gold uit. Dit is ’n klip­gooi van die Kru­gers­dorp-wild­tuin. Die suur myn­wa­ter loop steeds in die T­weel­o­pie­spruit uit en vloei deur dié mu­ni­si­pa­le wild­tuin heel­pad Hart­bees­poort­dam toe en van­daar in die Kro­ko­dil­ri­vier na die Lim­po­po.

Van­dag sit ons met hier­die na­la­ten­skap van ’n ge­plun­der­de om­ge­wing en be­soe­del­de wa­ter. Die ge­raam­de kos­te van in­fra­struk­tuur­op­rig­ting vir die sui­we­ring van hier­die suur myn­wa­ter is en­ke­le ja­re ge­le­de op R700 mil­joen be­raam en die jaar­lik­se be­dryfs­kos­te op R209 mil­joen. Ek en jy gaan hier­voor be­taal, want die mees­te van die myn­maat­skap­pye het die land die af­ge­lo­pe 22 jaar ver­laat.

Met Vry­dag se hof­uit­spraak dat ’n kla­s­ak­sie teen goud­myn­maat­skap­pye oor si­li­ko­se kan voort­gaan, het dié be­dryf hul eeu lan­ge kwyt­skel­ding van ver­ant­woor­de­lik­heid vir die e­pi­de­mie van myn­ver­wan­te long­siek­tes ver­loor.

Dit is 11 jaar se­dert Spoor sy voor­ne­me be­kend ge­maak het om ge­reg­tig­heid te laat ge­skied. Sy merk­waar­di­ge uit­hou­ver­moë het vrug­te ge­dra, maar die stryd is nog lank nie ver­by nie. Dit is die eer­ste treë om dui­sen­de siek men­se – van wie baie al dood is – te wys dat hul­le nie stuk­ken­de speel­goed is wat weg­ge­gooi kan word as hul­le nut­te­loos ge­raak het om ver­der in hag­li­ke om­stan­dig­he­de vir die be­voor­reg­tes goud te myn nie.

Spoor meen ’n vin­ni­ge som wys dié be­dryf skuld siek myn­wer­kers en hul fa­mi­lies so­wat R100 mil­jard.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.