Melk­baard, maar man

Ver­stap­pen sit g’n voet ver­keerd in Bar­ce­lo­na

Beeld - - Sport -

Bar­ce­lo­na. – Kyk, wê­reld, ek het meer as net mo­tor­sport in my bloed.

Min­der as agt maan­de na­dat hy sy ry­be­wys op sy 18de ver­jaar­dag ge­kry het, het Max Ver­stap­pen Son­dag ge­wys daar loop ook ys in sy are, toe hy die re­kord­boe­ke met sy heel eer­ste For­mu­le Een-se­ge her­skryf het.

Op 18 jaar, se­we maan­de en 16 dae het hy die jong­ste Grand P­rix-wen­ner tot nog toe ge­word, en Se­bas­ti­an Vet­tel se vo­ri­ge re­kord met meer as twee jaar oor­tref. Dit is ’n re­kord wat sweer­lik nooit oor­tref sal word nie – die FIA, mo­tor­sport se be­heer­lig­gaam, het ver­le­de jaar in re­ak­sie op Ver­stap­pen se F1-de­buut as 17-ja­ri­ge be­sluit ja­ers moet 18 of ou­er wees om tot die sport toe­ge­laat te word.

Sy ou­der­dom al­leen maak dié suk­ses reeds spe­si­aal, maar selfs meer merk­waar­dig is dat Ver­stap­pen net twee dae te­vo­re vir die eer­ste keer in sy Red Bull-mo­tor ge­klim het na­dat hy in Da­niil K­vy­at se plek daar­heen ge­stuur is.

Ver­stap­pen het F1 in sy bloed: Sy pa, Jos, het tus­sen 1994 en 2003 in 106 Grands P­rix ge­jaag en twee keer op die po­di­um ge­staan.

Soos e­ni­ge pa was Ver­stap­pen sr. Son­dag baie trots op sy seun se pres­ta­sie in die S­paan­se Grand P­rix – en glad nie be­kom­merd dat die druk te veel sal wees nie.

“Baie het die laas­te twee we­ke ge­beur, maar die be­lang­rik­ste is hoe Max dit al­les han­teer,” het hy aan Au­to­s­port ge­sê.

“Hy het baie hard ge­werk en was op­ge­won­de daar­oor om in ’n top­mo­tor vir ’n top­span te jaag. Hy is baie aan­pas­baar, en het dit weer be­wys.

“Hy was deur­gaans in be­heer en het nooit fou­te ge­maak nie.”

Ver­stap­pen jr. het ge­sê hy kan skaars glo dat hy in Bar­ce­lo­na ge­se­ë­vier het.

“Dit voel on­ge­loof­lik,” het die jon­ge­ling ge­sê. “Ek het ’n plek op die po­di­um ge­tei­ken, so om da­de­lik te wen, is on­be­skryf­lik.”

Waar die gan­se sport­wê­reld nou bor­rel oor Ver­stap­pen se suk­ses, het dit die glim­lag van sy nu­we span- maat, Da­niel Ric­ci­ar­do, se ge­sig ge­vee.

Ric­ci­ar­do het vir 31 rond­tes voor­ge­loop ná die bot­sing in die eer­ste rond­te tus­sen die Mer­ce­des-ja­ers Le­wis Ha­mil­ton en Ni­co Ros­berg, maar ’n stra­te­gie­se blaps deur die Red Bull-span (wat be­sluit het hy moet drie keer stop) het sy dag be­derf.

Ric­ci­ar­do het ná die Grand P­rix ge­sê dit voel as­of ’n se­ge voor sy neus weg­ge­raap is.

“Dis nie vir my sleg om Max op die po­di­um te sien nie, maar dis sleg dat ek nie daar is nie,” het hy aan Reu­ters ge­sê.

“Dit het nie sin ge­had (om van stra­te­gie te ver­an­der nie). Dis frus­tre­rend. Ek dink ons het die oor­win­ning weg­ge­gooi.”

Ric­ci­ar­do het by­ge­voeg dat hy bit­ter is. “Nie met Max nie, glad nie, maar bit­ter oor die si­tu­a­sie.”

Fo­to: GETTY IMAGES

Am­per te goed om waar te wees . . . Die 18­ja­ri­ge Max Ver­stap­pen be­won­der Son­dag sy tro­fee na­dat hy in Bar­ce­lo­na die jong­ste wen­ner in die ge­skie­de­nis van For­mu­le Een ge­word het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.