Tuks spog met nu­we ‘Rio’­baan

Sim­bi­ne sweet weer

Beeld - - Sport - Sa­rel van der Walt

P­re­to­ria. – ’n At­le­tiek­baan soort­ge­lyk aan dié waar­op die at­le­te in Au­gus­tus in die O­lim­pie­se Sta­di­on in Rio de Ja­nei­ro, Bra­si­lië, sal hard­loop, is pas by die Universiteit van P­re­to­ria (UP) vol­tooi.

Die Mon­do-baan by Tuk­kies se LC de Vil­liers-sport­ter­rein het so­wat R10 mil­joen ge­kos.

“Die baan is ge­reed en ons staan reg as die baan in Dur­ban waar­op die A­fri­ka-kam­pi­oen­skap vol­gen­de maand ge­hou moet word nie be­tyds her­stel kan word nie,” het Da­nie Cor­ne­li­us, at­le­tiek­be­stuur­der van Tuk­kies, gis­ter­og­gend op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie op die baan ge­sê.

Die laas­te stre­pe is Vry­dag op die baan ge­verf en die Tuk­kies-at­le­te is nog nie toe­ge­laat om daar­op te oe­fen nie.

Vol­gens Cor­ne­li­us hoop die Tuks-at­le­tiek­klub om op 11 Ju­nie, twee we­ke voor die A­fri­ka-kam­pi­oen­skap, sy eer­ste by­een­koms hier aan te bied.

Die Kings­park-baan in Dur­ban waar­op die A­fri­ka-kam­pi­oen­skap ge­hou moet word, sal voor die A­fri­ka-kam­pi­oen­skap drin­gend ge­re­stou­reer moet word.

Die eT­hek­wi­ni-me­tro in Dur­ban het die ver­se­ke­ring ge­gee die baan sal ge­reed wees.

Die nu­we baan by Tuk­kies is die eer­ste van sy soort in die land, hoe­wel daar ’n baie ou­er Mon­do-baan in Rus­ten­burg is.

Na­no­teg­no­lo­gie is on­der meer in­ge­span in die ont­werp van die nu­we baan om dit nog vin­ni­ger te maak.

“Die baan is blou, want hier­die is im­mers Blou Bul­wê­reld,” het Cor­ne­li­us skert­send ge­sê.

Die S­pe­le-baan in Rio is ook blou.

“’n At­leet soos LJ van Zyl (400 m-hek­kies) het al vir my ge­sê dit sal goed wees om voor die S­pe­le op dié baan te oe­fen om­dat die leng­tes van jou treë op dié op­per­vlak an­ders is as op an­der sin­te­tie­se ba­ne,” het Cor­ne­li­us ge­sê. ) A­ka­ni Sim­bi­ne, die SuidA­fri­kaan­se re­kord­hou­er in die 100 m, het op die me­di­a­kon­fe­ren­sie ge­sê hy het weer vol­uit be­gin oe­fen ná die dy­spier­be­se­ring wat hy in A­pril op die Suid-A­fri­kaan­se kam­pi­oen­skap in S­tel­len­bosch op­ge­doen het.

Sim­bi­ne sal op 3 Ju­nie in Ro­me die eer­ste keer van­jaar aan ’n Di­a­mant­li­ga-by­een­koms deel­neem. Daar­na sal hy en Way­de van Nie­kerk, Suid-A­fri­ka se 400-wê­reld­kam­pi­oen, in Ja­mai­ka saam met U­sain Bolt en dié se oe­fen­groep oe­fen.

Hul­le sal ook daar aan ’n by­een­koms deel­neem.

Twee an­der Tuk­kies-at­le­te, die 400-hek­kies­at­leet Wen­da Nel en die na­el­lo­per Ca­ri­na Horn, ver­trek van­dees­week na Ra­bat, Ma­rok­ko, om op 22 Mei aan die eer­ste Di­a­mant­li­ga-by­een­koms tot nog toe in A­fri­ka deel te neem.

Op sy beurt is die nu­we 400-hek­kie­ster Lind­say Ha­ne­kom bin­ne­kort in Da­kar, Se­ne­gal, op ’n by­een­koms van die In­ter­na­si­o­na­le Ver­e­ni­ging van At­le­tiek­fe­de­ra­sies in ak­sie. Hy het 10 dae ge­le­de in Bloem­fon­tein op die SA O­pe­kam­pi­oen­skap ’n 49.03 s ge­hard­loop. Dis die vin­nig­ste deur ’n SA at­leet van­jaar.

Fo­to: HER­MAN VERWEY

Die 400 m­hek­kies­at­leet Wen­da Nel op die splin­ter­nu­we Mon­do­at­le­tiek­baan van die Universiteit van P­re­to­ria. Die baan is soort­ge­lyk aan dié waar­op die at­le­te la­ter van­jaar op die O­lim­pie­se S­pe­le in Rio de Ja­nei­ro, Bra­si­lië, sal hard­loop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.