Ja­ke se tri­omf is ’n les vir SA rug­by

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell

Met Ja­ke W­hi­te se Mont­pel­lier-span wat Vry­dag­aand die Eu­ro­pe­se Uit­daag­be­ker ge­wen het, het ek on­wil­le­keu­rig te­rug­ge­dink aan ’n on­der­houd wat ek met Pe­ter Ke­nyon ge­doen het.

Ke­nyon was voor­heen ’n uit­voe­ren­de hoof van die En­gel­se sok­ker­klubs Man­ches­ter U­ni­ted en C­hel­sea. Daar het die on­der­skeie brei­ers A­lex Fer­gu­son en José Mour­in­ho aan hom ver­slag ge­doen.

Hy het ver­al Mour­in­ho vir lof uit­ge­son­der: “Om hom aan te stel is die naas­te wat jy daar­aan kan kom om te waar­borg dat jy wed­stry­de gaan wen,” is aan my ge­sê.

Nou kyk, Mour­in­ho word uit et­li­ke oor­de ver­guis oor sy ka­rak­ter, maar vol­gens Ke­nyon is die S­pe­ci­al One in­der­daad spe­si­aal: ’n “Top-ou” met ’n “on­ge­loof­li­ke wer­ke­tiek”.

W­hi­te neem soms ook houe en om eer­lik te wees is hy ’n ef­fen­se po­li­ti­kus – iets wat ’n af­rig­ter ter wil­le van oor­le­wing dalk móét wees. Ter­self­der­tyd pres­teer sy span­ne son­der uit­son­de­ring.

As ek ’n kort­lys vir ’n top­rug­by-af­rig­ters­pos moes saam­stel, sal W­hi­te om ’n een­vou­di­ge re­de al­tyd daar­op wees: Hy is ’n wen­ner.

Tog het ’n mens in die na­draai van Suid-A­fri­ka se tri­om­fan­te­li­ke Wê­reld­be­ker­veld­tog in 2007 on­der hom die i­dee ge­kry dat hy nie in aan­vraag was in Suid-A­fri­ka nie.

Sy kon­trak met die Suid- A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie (Sa­ru) het ver­stryk en daar is vir ’n nu­we Bok-af­rig­ter ge­ad­ver­teer ter­wyl die S­pring­bok­ke nog be­sig was met die Wê­reld­be­ker-toer­nooi in Frank­ryk.

W­hi­te het teen daar­die tyd ge­reeld met plaas­li­ke rug­by­ba­se swaar­de ge­kruis, maar dit bly vreemd dat daar nie waar­de­ring is vir sy in­tel­lek­tu­e­le ka­pi­taal en waar­de wat hy steeds kan toe­voeg nie.

Daar­na het Pe­ter de Vil­liers en Hey­ne­ke Mey­er op die­self­de ma­nier ge­kom en ge­gaan.

Nick Mal­lett, wat deur Har­ry Vil­joen op­ge­volg is voor­dat Ru­dolf S­tra­eu­li uit die gif­be­ker ge­drink het, het die SA be­heer­lig­gaam met min­ag­ting ge­groet.

Dit het by­na en­de­mies ge­raak aan ons rug­by­kul­tuur om af­rig­ters op te bou en af te breek. As ’n man eers bui­te die stel­sel is, is daar nie ’n mak­li­ke pad te­rug nie.

Kon­ti­nu­ï­teit is ook sel­de, in­dien ooit, op die a­gen­da. Ek stel dit by­voor­beeld nie in die voor­uit­sig dat e­ni­ge van die nu­we Bok-af­rig­ter, Al­lis­ter Coet­zee, se be­stuurs­le­de re­a­lis­tie­se op­vol­gers is nie.

Matt Proud­foot, wat waar­skyn­lik as voor­spe­ler-af­rig­ter aan­ge­stel gaan word, het nie er­va­ring as hoof­af­rig­ter nie. Die­self­de geld die man op wie se to­ne hy in die Bok-op­set gaan trap, Jo­hann van Graan. M­z­wan­di­le S­tick, die ag­ter­lyn­af­rig­ter, is boon­op on­er­va­re.

Soos sa­ke nou staan, be­gin ons weer van voor af wan­neer Coet­zee sy tas­se pak.

Ver­ge­lyk dit met die mak­li­ke oor­gang wat die All Blacks ge­had het toe Gra­ham Hen­ry ná 2011 se Wê­reld­be­ker-toer­nooi sy pos ver­laat het.

S­te­ve Han­sen, wat lank as hulp­af­rig­ter ge­werk het, het die lei­sels oor­ge­neem en daar was geen ont­wrig­ting nie.

Dit was dus geen ver­ras­sing nie dat die All Blacks ont­wik­kel het in een van die ge­dug­ste span­ne in die ge­skie­de­nis en ver­le­de jaar se Wê­reld­be­ker-toer­nooi ge­wen het.

Han­sen bly ge­volg­lik aan as All Black-af­rig­ter – dis im­mers nie ’n son­de om die Wê­reld­be­ker-toer­nooi te wen nie!

In Suid-A­fri­ka het ons ’n nei­ging om die Bok­ke se wel­slae reg­streeks aan hul brei­er te kop­pel, maar eint­lik is daar so­veel an­der fak­to­re wat ’n span se suk­ses be­paal.

As Suid-A­fri­kaan­se rug­by sy hel­de ver­eer, in­tel­lek­tu­e­le ka­pi­taal kul­ti­veer en kon­tinui­teit on­der die knie kry, sal die Bok­ke dalk net meer dik­wels toet­se wen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.