De­on­tay Wil­der soek nu­we teen­stan­der

Beeld - - Sport - Mi­cha­el G­reen

Port E­li­za­beth. – De­on­tay Wil­der, die Wê­reld­boks­raad (WBC) se swaar­ge­wig­boks­kam­pi­oen, soek ’n nu­we teen­stan­der na­dat die Rus Alexander Po­vet­kin po­si­tief vir ’n ver­bo­de mid­del ge­toets het.

Die A­me­ri­ka­ner sou sy ti­tel Sa­ter­dag in Mo­s­kou ver­de­dig het.

Po­vet­kin het po­si­tief ge­toets vir mel­do­ni­um – die­self­de mid­del waar­voor sy land­ge­noot die ten­nis­spe­ler Ma­ria S­ha­ra­po­va in Maart po­si­tief ge­toets het.

Lou DiBel­la, Wil­der se pro­mo­tor, was brie­send oor die nuus.

“Hy (Wil­der) het sy vol­le oe- fen­kamp af­ge­han­del en het baie tyd, e­ner­gie en geld aan hier­die ge­veg be­stee,” het DiBel­la aan ESPN.com ge­sê.

Wil­der het aan die nuus­a­gent­skap AFP ge­sê die af­stel van die ge­veg is “’n groot te­leur­stel­ling”.

“Dit is ’n te­rug­slag vir my doel­wit­te. Ek wil al die ti­tels wen.”

Po­vet­kin was die eer­ste aan­spraak­ma­ker op sy WBC-ti­tel.

Wil­der wou met hom af­re­ken en dan die an­der ti­tel­hou­ers be­gin jag.

Hy is ver­al lus vir Ty­son Fu- ry van B­rit­tan­je, wat hom kwaai be­le­dig het ná sy laas­te ge­veg teen Ar­tur S­z­pil­ka.

Fu­ry het, na­dat Wil­der S­z­pil­ka in die ne­gen­de ron­de uit­ge­slaan het, in die kryt ge­spring.

Hy het sy baad­jie uit­ge­trek en sy moue op­ge­rol. Hy wou net daar en dan vir Wil­der wys wie is nou eint­lik die wa­re kam­pi­oen.

Fu­ry ver­de­dig sy ti­tels van die Wê­reld­boks­ver­e­ni­ging (WBA), Wê­reld­boks­or­ga­ni­sa­sie (WBO) en In­ter­na­si­o­na­le Boks­or­ga­ni­sa­sie (IBO) op 9 Ju­lie teen Wla­di­mir K­litschko in Man­ches­ter.

Nog ’n B­rit, An­tho­ny Jos­hua, ver­de­dig sy ti­tel van die In­ter­na­si­o­na­le Boksfe­de­ra­sie op 25 Ju­nie in Lon­den teen Do­mi­nic B­re­a­ze­a­le van A­me­ri­ka.

Die kans is goed dat die WBC nou sal be­veel dat Wil­der sy ti­tel bin­ne die vol­gen­de paar maan­de teen die t­wee­de aan­spraak­ma­ker moet ver­de­dig.

Dit is Ber­ma­ne S­ti­ve­r­ne van A­me­ri­ka. Wil­der het die ti­tel in Ja­nu­a­rie 2015 by S­ti­ve­r­ne af­ge­neem. Hul ge­veg was ’n goeie een en Wil­der moes sweet om met pun­te te wen.

Wil­der het se­dert­dien sy ti­tel teen É­ric Mo­li­na, Jo­hann Du­hau­pas en S­z­pil­ka ver­de­dig.

Fo­to: REU­TERS

Alexander Po­vet­kin van Rus­land.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.