Tour­ster Froome kry eer­be­wys by prins Wil­li­am

Beeld - - Sport -

Lon­den. – Die Tour de Fran­ce­kam­pi­oen Chris Froome het die Or­de van die B­rit­se Ryk (OBE) ont­vang.

Prins Wil­li­am het dié eer­be­wys Vry­dag aan Froome oor­han­dig, be­rig Cy­cling Week­ly.

Froome, wat die Tour de Fran­ce in 2013 en 2015 ge­wen het, het die OBE vir sy by­drae tot fiets­ry ont­vang.

“Ek voel ver­skrik­lik ge­ëerd en trots op die eer­be­wys. Dit wys dat fiets­ry ook raak­ge­sien word.

“So ’n eer­be­wys sal nie moont­lik wees son­der my span­maats en af­rig­ters en die lief­de en on­der­steu­ning van my fa­mi­lie nie,” het Froome ge­sê.

Froome is die t­wee­de En­gel­se fiets­ry­er wat die Toer ge­wen het naas Brad­ley Wig­gins in 2012 en die e­nig­ste En­gels­man wat twee keer kon se­ë­vier.

Hy sal in Ju­lie jag maak op ’n der­de Tour­ti­tel, en ook aan die O­lim­pie­se S­pe­le deel­neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.