Byt­byt, Se­na­to­re se sei­soen is uit

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Jo­han­nes­burg. – Die Leeus sal nie Sa­ter­dag met die ag­gres­sie­we in­klim­rug­by van die Ja­gua­res se ha­ker en kap­tein, A­gus­tin C­ree­vy, óf die vu­ri­ge agt­ste­man, Le­o­nar­do Se­na­to­re, te doen kry nie.

Se­na­to­re is vir tien we­ke ge­skors na­dat hy Kee­gan Da­niel in Sa­ter­dag se wed­stryd teen die Haaie ge­byt het.

Dit is die t­wee­de keer in sy loop­baan wat hy in die pe­kel is na­dat hy sy tan­de in ’n teen­stan­der ge­slaan het.

C­ree­vy is gis­ter vir ’n week ge­skors weens sy on­ge­oor­loof­de duik­slag op die Haaie se Je­an Dey­sel.

Hy het Dey­sel op sy nek te lan­de laat kom en dié flank is ná be­han­de­ling op ’n draag­baar van die veld ge­dra.

Dey­sel se be­se­ring blyk nie so erns­tig te wees nie en hoe­wel hy nie vir die krag­me­ting Sa­ter­dag met die Kings oor­weeg sal word nie, sal hy reg wees ná die her­vat­ting van die Su­per-reeks ná die in­ter­na­si­o­na­le krag­me­tings.

Son­der dié twee vuur­vre­ter toets­spe­lers van die Ar­gen­ty­ne, boet die Ja­gua­res, by wy­se van spre­ke, heel­wat van hul byt in.

S­wys de Bruin, die Leeus se hulp­af­rig­ter, het ge­sê die le­we lyk baie meer roos­kleu­rig vir die Rooi­bon­tes ná hul puik se­ge oor die Blu­es.

“Ons het baie ge­bloei ná daai slae teen die Hur­ri­ca­nes,” het hy er­ken. “In die tyd­perk daar­na het ons baie seer­plek­ke ont­dek wat ons nie eens ge­weet het be­staan nie.

“Tog het die ou­ens ka­rak­ter ge­wys in hoe hul­le te­rug­ge­veg het en was ons ver­moë om ook aan te pas by die moei­li­ke speel­toe­stan­de ’n groot plus­punt,” het De Bruin ge­sê.

Wat die ag­ter­spe­lers se skit­ter­spel en ver­al han­te­ring be­tref, het hy ge­sê die ou waar­heid van rug­by dat die grond­slag voor­langs ge­lê is, is maar net weer be­wys.

“Ons be­na­der sa­ke nou net wed­stryd vir wed­stryd en ons sal hou by die din­ge wat ons weet ons kan goed doen.

“Die Ja­gua­res is prop­vol in­ter­na­si­o­na­le spe­lers en hul­le het baie goeie in­di­vi­due. Ons ou­ens steun ook ons be­gin­sel van ’n ro­ta­sie­stel­sel en ver­al wat ons twee uit­een­lo­pen­de skrum­ska­kels be­tref (Faf de K­lerk en Ross Cron­jé), is dit lek­ker om hul­le te af­wis­sel,” het hy ge­sê.

Jo­han Ac­ker­mann, die af­rig­ter, sê be­sten­dig­heid sal van groot be­lang wees oor die vol­gen­de twee we­ke teen die Ja­gua­res en Bul­le.

“Ons moet hier­die spel­peil (teen die Blu­es) hand­haaf en nie toe­laat dat wis­sel­val­lig­heid weer deel van ons spel word nie,” het hy ge­sê.

Fo­to: GETTY IMAGES

Die Ja­gua­res­agt­ste­man Le­o­nar­do Se­na­to­re.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.