Is C­heslin eer­der ’n nr. 9?

Bok­toe­koms nie op heel­ag­ter, glo Mal­lett

Beeld - - Sport - Heinz S­chenk

Jo­han­nes­burg. – As C­heslin Kol­be meer ge­reeld toets­rug­by kan speel as hy die nr. 9-trui te dra, moet dié skuif aan­ge­moe­dig word.

Werner Swanepoel, voor­ma­li­ge S­pring­bok-skrum­ska­kel, glo wel sy af­rig­ters moet hom dan oor die lang­ter­myn s­legs in daar­die po­si­sie in­span.

“C­heslin is ’n on­ge­loof­lik ta­lent­vol­le spe­ler. Ek twy­fel nie daar­oor dat hy die ver­moë het om wel­slae as ’n skrum­ska­kel te be­haal nie,” sê hy.

“Maar daar moet dui­de­lik­heid wees. Suid-A­fri­kaan­se rug­by moet nie die­self­de fout as met Fran­cois Hou­gaard be­gaan nie. Hy het heel­te­mal te veel tus­sen vleu­el en skrum­ska­kel ge­skuif en dit het sy ont­wik­ke­ling na­de­lig be­ïn­vloed.”

Dié prik­ke­len­de voor­stel oor Kol­be se toe­koms is die af­ge­lo­pe na­week deur die voor­ma­li­ge S­pring­bok-af­rig­ter Nick Mal­lett ten ty­de van ’n TV-uit­sen­ding ge­doen.

Hy meen die 22-ja­ri­ge buks van die S­tor­mers is moont­lik te klein om op in­ter­na­si­o­na­le vlak as heel­ag­ter kers vas te hou.

“Sy voet­werk, han­te­ring en skop­werk is baie af­ge­rond. C­heslin moet bloot er­va­ring as skrum­ska­kel op­doen om die voor­ste spe­ler in sy po­si­sie te word,” het Mal­lett op Su­perS­port ge­sê.

Tog moet Suid-A­fri­kaan­se rug­by nie oor­haas­tig wees nie.

“Ons moe­nie ver­geet dat C­heslin moont­lik in Al­lis­ter Coet­zee (die Bok-af­rig­ter) se groep vir die reeks teen Ier­land kan wees nie. Sy in­ter­na­si­o­na­le loop­baan word nie tans be­paal deur ’n skuif skrum­ska­kel toe nie,” sê Swanepoel.

“Nie­te­min is dit ’n be­lang­ri­ke be­spre­king. Suid-A­fri­kaan­se rug­by moet be­paal wat­ter po­si­sie bied C­heslin die bes­te kans om ge­reeld in­ter­na­si­o­na­le rug­by te speel. Mis­kien is sy brood ge­bot­ter as ’n skrum­ska­kel.”

Kol­be se er­va­ring as ’n se­wes­spe­ler het hom al bloot­ge­stel aan die vaart waar­mee hy die bal moet ver­sprei, ter­wyl die af­ge­lo­pe jaar se slyp aan sy skop­werk ’n ek­stra pyl in sy ko­ker sal wees as hy op skrum­ska­kel speel.

“En moe­nie ver­geet van sy aan­val­len­de ver­mo­ëns nie. Sy ver­moë om met min ruim­te ’n teen­stan­der se ver­de­di­ging on­der druk te plaas, is goud werd,” sê Swanepoel.

“Maar hy moet op ’n skoon blad­sy be­gin. Laat hom van vol­gen­de jaar af be­gin skrum­ska­kel speel. Dit sal nie werk om hom in die mid­del van ’n veld­tog te ont­wrig nie.”

Na­tuur­lik sal daar voort­du­rend vraag­te­kens oor sy ver­de­di­ging wees, maar Kol­be se sterk­punt in dié ver­band is sy vrees­loos­heid as hy ’n laag­vat moet vol­tooi.

Hoe­wel hy van­jaar 12 van sy 33 duik­slae ver­brou het, het hy ver­le­de jaar s­legs tien keer uit 60 ’n fout be­gaan.

“C­heslin is ’n on­der­skat­te ver­de­di­ger. Hy suk­kel van­jaar om­dat teen­stan­ders hom on­der druk plaas, maar as skrum­ska­kel kan daar­die swak­punt dalk weg­ge­steek word,” sê Swanepoel.

“Dit help ook dat hy nie bang is om te duik nie. Jy hoef nie ’n ge­dug­te ver­de­di­ger te wees om doel­tref­fend as ’n ska­kel­maat te ver­toon nie.”

Fo­to: REU­TERS

C­heslin Kol­be ont­wyk die Sun­wol­ves se A­ki­hi­to Ya­ma­da in Sa­ter­dag se Su­per­rug­by­wed­stryd.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.