SOS aan Chris, Si­vi­we

Beeld - - Sport - Fran­cois de Wet

Kaap­stad. – Die vars be­ne van Chris Dry en Si­vi­we Soyi­z­wa­pi sal nou die B­lits­bok­ke moet help ver­goed vir die mis­luk­te veld­tog in Wê­reld­rug­by se se­westoer­nooi in Pa­rys.

Suid-A­fri­ka kry Sa­ter­dag en Son­dag in Lon­den, En­ge­land, nog een kans om ’n t­wee­de toer­nooi die sei­soen te wen. Sy e­nig­ste suk­ses was in De­sem­ber in Kaap­stad.

Die B­lit­se het in Frank­ryk in die kwart­eind­stryd teen Sa­moa (uit­ein­de­li­ke Be­ker-wen­ner) ver­loor, maar as troos­prys die Plaat-eind­stryd ge­wen. Hul­le het Aus­tra­lië met 17-7 ge­klop.

Die B­lits­bok­ke kom in Groep A teen die wen­ner van die Pa­rys-toer­nooi, Sa­moa, Ka­na­da en A­me­ri­ka te staan.

Neil Po­well, B­lits­bok-brei­er, het die be­seer­de K­wag­ga S­mith (en­kel) en Ru­han Nel (ge­breek­te sleu­tel­been) met Dry en Soyi­z­wa­pi ver­vang. Hul­le is die na­week in die Pa­rys-toer­nooi be­seer.

Die er­va­re B­lits­bok­ke Fran­kie Hor­ne en Bran­co du P­reez sou in Lon­den in ak­sie wees, maar vol­gens Po­well is hul­le nie fiks ver­klaar om na Lon­den te reis nie.

“Die spe­lers wat ons by die huis ge­los het, was ge­reed vir my plan om ver­an­de­rings aan die groep te maak,” het Po­well ge­sê. “Chris het al meer as 50 toer­nooie vir ons ge­speel en ken ons struk­tu­re goed. Si­vi­we het goed ge­speel in sy eer­ste twee toer­nooie, in Hong­kong en Sin­ga­poer.”

Die Lon­den-toer­nooi is vol­gens Po­well ’n laas­te kans vir ver­skeie spe­lers om hul stem­pel af te druk vir ’n plek in die O­lim­pie­se se­wes­span. Po­well sal bin­ne­kort sy groep vir ’n oe­fen­kamp in Ju­nie kies, en die 12-tal wat in Au­gus­tus in Rio de Ja­nei­ro in die O­lim­pie­se S­pe­le sal speel, sal uit die oe­fen­groep ge­kies word.

Fo­to: JACO MARAIS

Die B­lits­bok­ke het die er­va­re Chris Dry na Lon­den ont­bied na­dat die be­se­rings­pook a­mok in Frank­ryk ge­maak het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.