S­trauss en kie sal reg wees vir S­tor­mers

Beeld - - Sport - Co­bus Claas­sen

P­re­to­ria. – Daar sal ’n paar “nu­we ge­sig­te” wees wan­neer die Bul­le van­og­gend by Lof­tus Vers­feld aan­meld ná hul Aus­sie­toer.

Be­ne­wens die goeie ty­ding dat die knie­be­se­ring van kap­tein A­dri­aan S­trauss nie erns­tig is nie, keer War­rick Ge­lant, Bur­ger O­den­daal en Grant Hat­tingh te­rug vir Su­per­rug­by­diens.

Dr. Her­man Ros­souw, span­dok­ter, het gis­ter ge­sê die Bul­le het lig daar­van af­ge­kom in Aus­tra­lië. “Ons is be­voor­reg dat daar nie erns­ti­ge be­se­rings was nie en dat War­rick, Bur­ger en Grant so goed van hul be­se­rings her­stel het.”

Die vleu­el Tra­vis Is­mai­el, wat in die laas­te week van die toer na Suid-A­fri­ka te­rug­ge­keer het met ’n dy­spier­be­se­ring, sal ook van­dag weer saam met die span kan oe­fen.

Die kans is skraal dat die drie­tal wat nie saam ge­toer het nie Sa­ter­dag­aand teen die S­tor­mers sal speel.

Nol­lis Marais, hoof­af­rig­ter, sal wel in die ver­soe­king wees om hul­le op die plaas­ver­van­gers­bank te kies. O­den­daal en Hat­tingh se te­rug­keer gaan dit vo­ren­toe moei­lik maak om ’n keu­se op sen­ter en slot te maak.

Die S­pring­bok­ke Jes­se K­riel en Jan Ser­fon­tein het as sen­ter­paar ge­meng­de wel­slae Doer On­der ge­had.

Die jong RG Sny­man en Ja­son Jen­kins was Sa­ter­dag in Syd­ney die slot­paar teen die Wa­ra­tahs.

Sny­man-hul­le toon groot be­lof­te en be­hoort ook teen die Ka­pe­naars in die t­wee­de ry te sak.

Die groot uit­da­ging van­dees­week in die Bul-kamp is om die no­di­ge aan­val­len­de ver­stel­lings aan te bring.

Die Bul­le was vol ve­nyn in die eer­ste toer­wed­stryd teen die For­ce, maar daar was min om oor op­ge­won­de te raak in die krag­me­tings met die Brum­bies en die Wa­ra­tahs.

Ga­ry Bo­tha, die span se skrum­ghoe­roe, sal voorts gre­tig wees om van­dag die voor­spe­lers on­der han­de te neem na­dat hy in P­re­to­ria ag­ter­ge­bly het.

Die S­tor­mers het S­trauss-hul­le vroe­ër die sei­soen op­ge­keil in dié af­de­ling en die be­soe­kers sal oor­ge­haal wees om ook hul ge­wig op Lof­tus te kom rond­gooi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.