Ge­we­se Mej. SA se kar on­der lor­rie

Beeld - - Front Page - – C­har­lea Sie­ber­ha­gen

Lie­sl Lau­rie, voor­ma­li­ge Mej. Suid-A­fri­ka, is ge­kneus en erg ge­skok na­dat ’n mo­tor van ag­ter in haar vas­ge­ry en haar Mer­ce­des-Benz deels on­der ’n vrag­mo­tor in­ge­stamp het.

Lau­rie, van El­do­ra­do­park in die sui­de van Jo­han­nes­burg, was Don­der­dag op pad Mid­rand toe toe die on­ge­luk ge­beur het, het Jar­red Doy­le, haar loop­baan­be­stuur­der, ge­sê.

“Sy kon nie die deur oop­maak nie en moes by die ag­ter­ruit uit­kruip.”

Vol­gens Doy­le was Lau­rie tot Sa­ter­dag in die hos­pi­taal.

“Sy was baie ont­steld, maar het nie erns­ti­ge be­se­rings op­ge­doen nie, net kneus­plek­ke.”

Lie­sl se ou­ma, Lor­rain Lau­rie, sê dit gaan goed met haar en sy her­stel tuis. “Sy het net ’n baie groot skok op­ge­doen en haar spie­re is maar seer van die span­ning.”

Doy­le het ge­sê Lau­rie se af­spra­ke en op­tre­des vir die week moes ge­kan­sel­leer of uit­ge­stel word.

“Sy be­hoort teen ein­de vol­gen­de week weer aan die gang te wees.”

Lie­sl Lau­rie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.