Rus­se help Nas­pers styg

Beeld - - Sake -

Die in­ter­net­ en me­di­a­reus Nas­pers se aan­deel­prys het tot sy hoog­ste vlak in ’n maand ge­styg na­dat A­vi­to.ru, ’n Rus­sie­se aan­lyn snuf­fel­gids waar­van Nas­pers 68% be­sit, ge­sê het sy om­set het in die eer­ste kwar­taal met 86% ge­klim.

Nas­pers se aan­deel­prys het met 3,3% tot R2 069 ge­styg, wat die groep ’n mark­waar­de van meer as R900 mil­jard gee.

Die aan­deel­prys van Ten­cent Hol­dings, die C­hi­ne­se in­ter­ne­treus waar­in Nas­pers ’n 34%­be­lang hou, het in Hong­kong met 31% ge­klim te mid­de van gis­sings dat sy aan­lyn tax­i­diens, Di­di C­hux­ing, fi­nan­sie­ring van $3 mil­jard soek, en dat Ap­ple $1 mil­jard daar­van gaan by­dra.

Nas­pers is ook aan­ge­help deur die swak­ker rand­dol­lar­wis­sel­koers. Nas­pers ver­dien so­wat 25% van sy in­kom­ste bui­te Suid­A­fri­ka. Die groep het vroe­ër van­dees­maand aan­ge­kon­dig hy gaan voort­aan sy fi­nan­si­ë­le re­sul­ta­te in dol­lar rap­por­teer. – Bloom­berg Sa­ke is deel van Me­dia24, ’n fi­li­aal van Nas­pers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.