Be­skerm di­ver­si­teit

Die oor­le­wing­sangs wat A­fri­ka­ner­na­si­o­na­lis­me on­der­lê, word oor­ge­dra na die “oor­le­wing” van A­fri­kaans, skryf Hein Wil­lem­se, ter­wyl Dirk Her­mann sê die taal se pad loop deur die bou van krag­ti­ge in­stel­lings.

Beeld - - Middelblad -

Die oue is be­sig om voor ons oë te ver­krum­mel; die nu­we het hom aan­ge­kon­dig en ons leef in ’n tyd waar te­rug­keer na ’n be­ken­de ou wê­reld nie meer moont­lik is nie. Daar moet vre­de ge­maak word met ’n nu­we wat vreemd klink en voel. Die nu­we ge­woon­tes en op­tre­des is on­vas, vloei­baar en daar is min oor van die se­ker­heid wat ou waar­des en tra­di­sies ge­bied het. Vir dié wat s­legs die tyd van oor­gang ken, is el­ke oom­blik on­ver­ge­lyk­baar die uit­da­gen­de he­de.

Ons leef in ’n tyd­perk van am­bi­va­len­sie en on­se­ker­heid tus­sen die oue en die nu­we. Ons staan op die drum­pel van ’n nu­we sa­me­le­wing wat al suk­ke­lend ge­bo­re word. Daar­die “ons” is nie net A­fri­kaans­spre­ken­des nie, maar ons al­mal wat in die land leef. Op die lan­ge duur is ’n ge­sprek oor A­fri­kaans s­legs sin­vol as dit ook ’n ge­sprek oor al die ge­le­din­ge van “ons” is.

Na­tuur­lik is daar die A­fri­kaan­se “ons”, al­mal wat die taal praat en daar­mee as­so­si­eer. Ons het ons eie drum­pels om oor te steek. Die ge­skie­de­nis van die uit­slui­ting, klei­ne­ring en stig­ma­ti­se­ring van me­de-A­fri­kaans­spre­kers deur ver­al A­fri­ka­ner­na­si­o­na­lis­te gaan nie met ’n paar mea cul­pas ver­ont­skul­dig word nie. Die toe­ëi­e­ning van die taal as A­fri­ka­ner-al­leen­be­sit het e­nor­me ska­de ge­doen om­dat dit A­fri­kaans se sen­tra­le so­si­o­po­li­tie­ke waar­de as ’n ge­deel­de ba­te by­na ver­woes het.

El­ke keer wan­neer “A­fri­kaans” as ’n si­no­niem vir A­fri­ka­ner of A­fri­ka­ner­na­si­o­na­lis ge­bruik word, word daar­die wan­op­vat­ting her­be­ves­tig. Daar­om is dit no­dig dat die taal- en be­le­wings­ge­skie­de­nis van die swart (in die ge­ne­rie­se sin van die woord) A­fri­kaan­se wê­reld op­ge­te­ken en ver­sprei word, want vir te lank is net een be­perk­te (en be­per­ken­de) A­fri­kaan­se sto­rie as die ge­skie­de­nis en prak­tyk voor­ge­hou.

Oor­le­wing­sangs

Daar­die be­le­win­ge is in so ’n ma­te on­der­druk dat ons s­legs deur flar­des ge­tui­e­nis hier en daar ’n beeld daar­van kan op­bou, maar vir die toe­ëi­e­ning van A­fri­kaans deur al­le A­fri­kaans­spre­kers is daar­die pro­ses nood­saak­lik. Net so moet die A­fri­kaan­se kul­tu­re­le prak­ty­ke en -be­le­win­ge wat tot die rand uit­ge­druk is, toe­ne­mend na die hoof­stroom be­weeg, en dan nie in ge­ma­ni­pu­leer­de ak­sies van ko­öp­te­ring nie. Kort­om: A­fri­kaans se ge­sig en klank moet swar­ter word.

Die oor­le­wing­sangs wat A­fri­ka­ner­na­si­o­na­lis­tie­se den­ke on­der­lê, word ge­woon­lik oor­ge­dra na die “oor­le­wing” van A­fri­kaans. Van die fe­no­me­na­le pres­ta­sies van A­fri­ka­ner­na­si­o­na­lis­me is die stan­daar­di­se­ring van A­fri­kaans, die in­voer daar­van as ’n amps- en on­der­rig­taal. Dit is be­lang­ri­ke pres­ta­sies, maar die na­si­o­na­lis­me wat met so­veel ei­e­ge­reg­tig­heid daar­op kon aan­dring, is op ster­we na dood. Dit het sy in­tel­lek­tu­e­le aan­trek­lik­heid vir ’n jon­ger ge­slag ver­loor en ons sien van­dag s­legs spo­ra­die­se op­flik­ke­rin­ge daar­van – dik­wels uit­ge­druk as die ver­lies aan reg­te en voor­reg­te.

Dit bring my by die an­der “ons”, daar­die ons wat A­fri­kaans s­legs van bui­te kan be­leef, vir wie dit een­vou­dig die mis­ken­ba­re te­ken van die ou or­de is: po­li­tie­ke ver­druk­king, krag­da­dig­heid, wit be­voor­reg­ting (po­li­ties, e­ko­no­mies, kul­tu­reel en op­voed­kun­dig), ras­sis­me, en swart uit­ge­slo­ten­heid en ar­moe­de.

A­fri­kaans se nu­we plek

Daar­die per­sep­sies het nie ná 1994 of met Man­de­la se rug­by­trui ver­dwyn nie, want die spo­re van die oue slaan nog o­ral deur. In die on­der­wys is die na­ge­vol­ge van de­ka­des van be­voor­reg­ting die skrei­end­ste. An­ders as wat so dik­wels be­re­de­neer word, sien die meer­ste Suid-A­fri­ka­ners – die an­der ons – on­der­rig­in­stan­sies as na­si­o­na­le ba­tes, nie as et­nie­se en­kla­ves nie, en el­ke po­ging tot be­sker­ming van ou be­voor­reg­ting loop uit op ver­set en die aan­drang op ge­lyk­be­reg­ti­ging van die an­der ons. Is dit re­de­lik om iets an­ders te ver­wag?

A­fri­kaans se plek in die nu­we, ont­wik­ke­len­de om­ge­wing gaan an­ders lyk as in die ou be­ken­de wê­reld voor 1994. Sy plek in die on­der­wys word reeds her­be­ding – dik­wels ge­weld­da­dig – en dit is ’n pro­ses wat vir ons al­mal, as Suid-A­fri­ka­ners, se heil nie net aan die toe­val oor­ge­laat kan word nie.

Ons het ’n in­drin­gen­de ge­sprek no­dig wat moet lei tot nu­we ver­stand­hou­dings. Waar pas A­fri­kaans en an­der in­heem­se ta­le in ons sa­me­le­wing in? Ons is ’n veel­ta­li­ge, di­ver­se land en dit is in ons al­mal be­lang dat daar­die di­ver­si­teit be­skerm moet word. Prof. Wil­lem­se is ver­bon­de aan die de­par­te­ment A­fri­kaans aan Tuks.

A­fri­kaans­spre­ken­des is ’n ver­skei­den­heid men­se met ver­skil­len­de i­den­ti­tei­te en s­to­ries, maar ver­e­nig deur ’n prag­ti­ge taal. Ek ver­tel van­dag een so ’n sto­rie.

Op 31 Mei 1902 was dit die ein­de van ’n dra­ma­tie­se oor­log waar­in 33 000 vroue en kin­ders in kon­sen­tra­sie­kam­pe dood is; 30 000 Boe­re as ban­ne­lin­ge weg­ge­stuur is; 20 000 oor­log­we­sies na­ge­laat is; hon­der­de pla­se af­ge­brand is; en ’n ver­lies van die Boe­re­re­pu­blie­ke. ’n Nu­we staatsor­de is ge­skep. Die nu­we mags­heb­bers wou A­fri­ka­ners ont­bind en as­si­mi­leer.

A­fri­ka­ners het voor ’n kruis­pad te staan ge­kom – die staat of die ge­meen­skap. ’n Sterk stroom het die ge­meen­skap ge­kies, weg van die staat. In­stel­lings is deur die ge­meen­skap ge­stig, ge­dryf deur ’n een­vou­di­ge ge­loofs­be­grip van doen wat jy moet doen en glo in God se toe­koms­be­lof­te. Ná die re­bel­lie van 1914 het die Help­me­kaar-be­we­ging ont­staan. In die gees van help me­kaar, is in­stel­lings soos San­lam, San­tam en Volks­kas ge­stig – die krag van die ge­meen­skap.

A­fri­ka­ners arm­las­tig

Die Groot De­pres­sie van die 1930’s laat een der­de van A­fri­ka­ners arm­las­tig. In die kri­sis­tyd van a­ku­te ar­moe­de word kul­tu­re­le in­stel­lings soos die ATKV, die Voor­trek­kers en die FAK ge­stig. Ver­troue in wie jy is, is ’n voor­ver­eis­te vir op­staan uit ’n kri­sis, is ge­re­de­neer. Die Red­dings­daad­bond, Fe­de­ra­le Volks­be­leg­gings en die A­fri­kaan­se Han­del­s­in­sti­tuut het ge­volg.

Die Na­si­o­na­le Par­ty wen die ver­kie­sing in 1948, wat die pad van die staat in­lui. Dit loop uit op die groot Re­pu­bliek van 1961. Die smart van die oor­log en die on­lang­se ar­moe­de nog vars in men­se se ge­heue. “Nooit weer nie,” was ’n al­ge­me­ne uit­roep.

Dit was ’n merk­waar­di­ge tyd­perk. Die mo­der­ni­se­ring van A­fri­ka­ners het bin­ne een ge­slag plaas­ge­vind en ’n mo­der­ne e­ko­no­mie is ont­wik­kel. ’n Taal het bin­ne de­ka­des tot ’n ho­ëor­de­funk­sie ont­wik­kel. ’n On­ge­ken­de pres­ta­sie in die wê­reld.

Dit was ’n tyd­perk van die groot staat, groot staats­lei­ers en ge­meen­skaps­or­ga­ni­sa­sies wat die stel­sel stut. ’n Tyd­perk van ’n min­der­heid wat oor ’n groot land en baie men­se re­geer. Groot op­los­sings, ver­skui­wings en ’n sta­tu­tê­re raam­werk was no­dig, want dit was te groot.

Die pad het be­gin om sy mo­re­le kom­pas bys­ter te raak.

Die A­fri­ka­ner het ook ’n duur prys vir die staats­pad be­taal – die krag van die ge­meen­skap het ver­lo­re ge­raak.

A­fri­ka­ner­wê­reld stort in­een

Die po­li­tie­ke or­de ver­an­der in 1994. A­fri­ka­ners suk­kel om hul pad te kies. A­fri­ka­ners het ge­dink hul­le is sterk, maar het ’n tra­ge­die van on­be­wus­te ver­lo­re krag be­leef.

By­na die to­ta­le ge­or­ga­ni­seer­de A­fri­ka­ner­wê­reld het in­een­ge­stort. Me­nings­vor­mers het be­gin ver­wys na die ont­bin­ding van A­fri­ka­ners.

Weer is ’n kruis­pad be­reik – ’n pad wat deur die staat loop of ’n pad wat deur die ge­meen­skap loop. Die Be­we­ging het die krag van die ge­meen­skap, en nie die “mag” van die staat nie, ge­kies. ’n Min­der­heid, in ’n meer­der­heids­om­ge­wing, se pad loop deur doel­tref­fen­de in­stel­lings, waar­deur daar sin­vol­le in­ter­ak­sie tus­sen staat en ge­meen­skap en ge­meen­skap­pe tus­sen me­kaar kan wees.

So­li­da­ri­teit se pad be­te­ken die bou van ’n nu­we werk­lik­heid. E­ner­syds be­skerm ons ons grond­wet­li­ke ruim­tes, maar aan die an­der kant bou ons. So­li­da­ri­teit bou ’n gro­ter vak­bond, ’n nu­we pri­va­te universiteit, A­ka­de­mia, en ’n teg­nie­se kol­le­ge, Sol-Tech.

Die So­li­da­ri­teit Hel­pen­de Hand bou ’n stu­die­fonds wat al R100 mil­joen sterk is. A­friForum bou ka­pa­si­teit in ge­meen­skap­pe. Ons help bou aan me­dia-in­stel­lings soos Ma­roe­la Me­dia en P­re­to­ria FM en aan kul­tuur­in­stel­lings soos die FAK en Kraal Uit­ge­wers. Ons bou ver­skeie fi­nan­si­ë­le in­stel­lings.

Daar is nie groot staats­geld nie. Elk­een doen sy deel, bie­tjie vir bie­tjie, wat baie maak. Ons bou ’n mo­der­ne Help­me­kaar­be­we­ging wat be­staan uit 18 in­stel­lings met ’n vyf­jaar­be­gro­ting van R3,5 mil­jard.

Ons doel is ’n toe­koms waar­in die A­fri­kaan­se taal­ge­meen­skap en die A­fri­ka­ner­kul­tuur­ge­meen­skap vry, vei­lig en voor­spoe­dig kan wees.

Ons glo die pad van A­fri­kaans en A­fri­ka­ners, in die post-’94-werk­lik­heid, loop ver­al deur die bou van le­wens­krag­ti­ge ge­meen­skap­sin­stel­lings. Dr. Her­mann is be­stuurs­hoof van die So­li­da­ri­teit Be­we­ging.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.