S­tan­dard Bank kon­dig uit­ein­de­lik borg­skap aan

Beeld - - Sport - – Jo­hann de Ja­ger

Bloem­fon­tein. – K­rie­ket Suid­A­fri­ka en S­tan­dard Bank sal mô­re in Jo­han­nes­burg ’n ven­noot­skap aan­kon­dig wat ’n nu­we borg­skap van die bank­groep vir al drie na­si­o­na­le span­ne – die toets­, een­dag­ en T20 – be­hels.

Dié aan­kon­di­ging is ver­le­de week op die nip­per­tjie uit­ge­stel, na­dat ver­skeie gas­te en na­si­o­na­le spe­lers reeds in Jo­han­nes­burg was.

’n KSA­woord­voer­der het daar­op ge­wys dit was om­dat ‘’sleu­tel­pun­te’’ in die oor­een­koms ver­de­re be­spre­king ge­verg het.

KSA het gis­ter ge­sê dat die aan­kon­di­ging mô­re by die Wan­de­rers ge­doen sal word.

Cas­t­le La­ger was die na­si­o­na­le span se borg in toets­ en een­dag­wed­stry­de, ter­wyl Ox­i­gen die T20­span se hoof­borg was. S­tan­dard Bank was voor­heen 13 jaar lank as borg by KSA be­trok­ke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.