Tomáš Ber­dych soek ’n an­der af­rig­ter ná loe­sing

Beeld - - Sport -

Ro­me. – Die pad­jies van Tomáš Ber­dych en sy af­rig­ter, Da­niel Val­l­ver­du, het ge­skei – en­ke­le dae ná sy ver­ne­de­ren­de ne­der­laag met 6­0, 6­0 in die I­ta­li­aan­se Ope.

Die 30­ja­ri­ge T­sjeg, agt­ste op die wê­reld­rang­lys, het ver­le­de week ook teen Bel­gië se Da­vid Gof­fin in Ro­me ver­loor. Dit was blyk­baar die laas­te drup­pel in die em­mer in sy ven­noot­skap met Val­l­ver­du, ’n voor­ma­li­ge oe­fen­maat van An­dy Mur­ray.

“My on­lang­se uit­slae was nie wat ek ver­wag het nie. Ek is nie ’n ten­nis­spe­ler aan die be­gin van my loop­baan nie, so ek moet vin­nig spring.

“Ek voel ek het ’n ver­an­de­ring no­dig,” het Ber­dych ge­sê.

Ber­dych, ’n voor­ma­li­ge naas­wen­ner by Wim­ble­don, is die af­ge­lo­pe ses jaar on­der die voor­ste tien spe­lers ter wê­reld en het ver­le­de jaar die bes­te tot nog toe ver­toon toe hy vier­de op die rang­lys was.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.