S­hah sal reg wees om En­ge­land te pak

Beeld - - Sport -

Ab­bot­ta­bad. – Die Pa­kistan­se draai­bou­ler Ya­sir S­hah het vier tot vyf we­ke no­dig om te her­stel van ’n knie­be­se­ring, wat be­te­ken hy sal reg wees vir die span se toer na En­ge­land.

Die 30­ja­ri­ge S­hah, wat der­de op die lys van toets­bou­lers is, was ge­nood­saak om die span se kamp in die stad van Ab­bot­ta­bad te ver­laat na­dat hy pyn in sy lin­ker­knie er­vaar het.

Die Pa­kistan­se K­rie­ket­raad (PKR) het in ’n ver­kla­ring ge­sê ’n s­kan­de­ring het ’n ge­rin­ge be­se­ring ge­toon.

“Dit sal be­te­ken dat hy kon­ser­wa­tief be­stuur moet word.

“Hy het fi­sie­ke te­ra­pie en uit­ge­brei­de re­ha­bi­li­ta­sie no­dig. Hy kan bin­ne vier tot vyf we­ke her­stel,” lui die PKR se ver­kla­ring.

Die eer­ste van vier toet­se tus­sen En­ge­land en Pa­ki­stan be­gin op 14 Ju­lie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.