Bil­tong gee hom on­wet­tig woe­ma, sê En­gels­man

Beeld - - Sport -

Kaap­stad. – Bil­tong is die oor­saak van sy po­si­tie­we toets vir ver­bo­de mid­dels, het die En­gel­se rug­by­spe­ler Sam Bros­ter aan­ge­voer.

Lui­dens ’n be­rig van BBC Sport is Bros­ter in Ju­lie 2014 po­si­tief vir die a­na­bo­lie­se ste­ro­ïe­de C­len­bu­te­rol ge­toets. Hy is van Au­gus­tus 2014 tot Au­gus­tus 2016 ge­skors.

“Bros­ter se ar­gu­ment was dat die po­si­tie­we uit­slag ge­volg het op die eet van bil­tong,” lui ’n ver­kla­ring van B­rit­tan­je se an­ti­op­kik­ker­lig­gaam (UKAD). “’n Dis­si­pli­nê­re ko­mi­tee van die RFU (die En­gel­se rug­by­lig­gaam) het eg­ter be­vind dít bied geen re­de om sy straf te ver­min­der nie.”

Pat My­hill, die be­dryfs­hoof van UKAD, het spe­lers her­in­ner dat hul­le ver­ant­woor­de­lik is vir e­ni­ge mid­del wat hul­le in­neem en dat dit nie so een­vou­dig is om te be­wys be­smet­te vleis is daar­voor ver­ant­woor­de­lik nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.