On­nie in sel­le oor sy smous ‘wil skiet’

Beeld - - Front Page - Tar­ren­Lee Ha­bel­gaarn

’n On­der­wy­se­res van Kemp­ton Park wil ’n si­vie­le eis teen die po­li­sie in­stel na­dat sy gis­ter­og­gend ge­ar­res­teer is om­dat sy glo ’n op­drin­ge­ri­ge straat­smous met ’n gas­pis­tool pro­beer skiet het.

Tas­chia Slab­bert (25) se regs­ver­teen­woor­di­ger sê die po­li­sie het na die La­er­skool Jeug­park ge­kom en haar toe on­der val­se voor­wend­sels na die Nor­kem Park-po­li­sie­kan­toor ge­lok. Hul­le het ge­sê sy moet net ’n ver­kla­ring af­lê, maar toe sy daar kom, is sy op aan­klag van aan­ran­ding met die op­set om erns­tig te be­seer in heg­te­nis ge­neem.

Die ar­res­ta­sie spruit uit ’n voor­val op 5 Mei toe ’n smous by ’n ver­keers­lig glo groen­te by haar mo­tor­ven­ster in­ge­druk het in ’n po­ging om haar te dwing om dit te koop.

Slab­bert het die smous toe met ’n gas­pis­tool pro­beer skiet, sê kapt. Le­si­ba­na Mo­lo­kom­me, po­li­sie­woord­voer­der.

Slab­bert was ’n paar dae voor die smous­voor­val – op 30 A­pril – die slag­of­fer van ’n ge­wa­pen­de roof­tog in die Groen­kloof-na­tuur­re­ser­vaat in P­re­to­ria waar­in sy en haar ma met mes­se ge­steek is.

Die be­heer­aan­kla­er van Kemp­ton Park het ná ver­toë van Slab­bert se regs­ver­teen­woor­di­ger, Hugo van der West­hui­zen, be­sluit om die gas­pis­tool­saak nie op die hof­rol te plaas nie.

Sy het op­drag ge­gee dat die saak eers deeg­lik on­der­soek word, sê Van der West­hui­zen.

Slab­bert is toe ná by­na ses uur in po­li­sie­aan-hou­ding vry­ge­laat.

Die aan­kla­er se be­sluit is blyk­baar on­der meer ge­grond op teen­stry­dig­he­de in die dos­sier, sê Van der West­hui­zen.

Vol­gens hom is Slab­bert ge­trau­ma­ti­seer en sal sy “on­ge­twy­feld” reg­stap­pe teen die po­li­sie doen. ) Beeld het vroe­ër be­rig oor die roof­tog op Slab­bert en haar ma, Me­lis­sa, in die Groen­kloof-na­tuur­re­ser­vaat.

Twee mans, elk­een met ’n mes, het op hul­le af­ge­storm.

Die mans het Slab­bert se ka­me­ra van haar nek af­ge­ruk. Al­bei vroue het hul­le teen die aan­val­lers ver­set. Die mans het ook die vroue se skoe­ne af­ge­pluk om dit vir hul­le moei­li­ker te maak om weg te kom.

Tas­chia Slab­bert

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.