Pra­vin pleit by pu­bliek: ‘Be­skerm my!’

Vaar uit teen teis­te­ring van ‘my en my ge­sin’

Beeld - - Front Page - Pie­ter du Toit en Pau­li van Wyk Pra­vin Gord­han

Die mi­nis­ter van fi­nan­sies het in ’n on­ge­ken­de stap ’n be­roep op die pu­bliek ge­doen om hom en an­der amp­te­na­re in die na­si­o­na­le te­sou­rie te be­skerm teen die aan­slag van an­der staats­a­gent-skap­pe.

Pra­vin Gord­han het gis­ter dié plei­dooi ge­rig in “sy mees po­li­tiek ge­laai­de ver­kla­ring nóg”, net na­dat hy ’n sit­ting van die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring by­ge­woon het waar pres. Ja­cob Zu­ma mon­de­lin­ge vrae be­ant­woord het.

Van­uit die bin­ne­krin­ge van die na­si­o­na­le te­sou­rie se hoof­kan­toor in Kerk­plein 40, P­re­to­ria, was daar gis­ter­aand ’n dui­de­li­ke bood­skap: As staats­uit-bui­ters se a­gen­te by die Val­ke en die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag (NVG) re­ken Gord­han het iets on­wet­tigs ge­doen, moet hul­le hom óf aan­kla óf uit­los.

Die jong­ste sal­vo volg op na­week­be­rig­te dat die Val­ke en NVG dreig om Gord­han en an­der voor­ma­li­ge kol­le­gas by die Suid-A­fri­kaan­se In­kom­ste­diens (SAID) op aan­klag van “spi­oe­na­sie” in heg­te­nis te neem.

Gord­han sê in die on­ge­woon per­soon­li­ke ver­kla­ring die be­rig­te oor sy drei­gen­de ar­res ont­stel hom en sy ge­sin erg. Hy ver­volg:

) Nie­mand is bo die reg ver­he­we nie, maar nie­mand ver­dien dit om aan die ma­ni­pu­la­sie van die regs­pro­ses bloot­ge­stel te word nie;

) “Ek be­y­wer my al 45 jaar vir die ANC, ons Grond­wet en ’n de­mo­kra­tie­se re­ge­ring; ek sou nooit kon dink dat in­di­vi­due in staats­in­stel­lings sal saam­span om my en my ge­sin te in­ti­mi­deer en te teis­ter nie”;

) Sy reg­span sal met die Val­ke en die NVG ska­kel. Aan­ty­gings van spi­oe­na­sie is vals en word vir duis­te­re ge­win ge­skep;

) “Dit is be­son­der pyn­lik vir my, en vir baie de­mo­kra­te, om die vol­ge­houe aan­val­le op eer­li­ke en hard­wer­ken­de men­se en in­stel­lings wat ons de­mo­kra­sie ver­sterk, te aan­skou.”

Die p­re­si­den­sie wou nie kom­men­taar le­wer nie. Dr. Bon­ga­ni Ng­qulun­ga, woord­voer­der, sê Zu­ma het sy steun vir Gord­han die na­week be­ves­tig. Op ’n vraag of die pre­si­dent be­kom­merd is om­dat Gord­han die pu­bliek om be­sker­ming vra, het hy ge­sê Gord­han moet self ge­vra word waar­om hy dit no­dig ag.

Vier bron­ne na aan Gord­han – in die te­sou­rie en die SAID – sê die mi­nis­ter se ver­kla­ring is om po­gings om hom uit sy pos te ver­wy­der voor te s­pring.

“Ek het nog nooit so ’n po­li­tiek ge­laai­de ver­kla­ring soos hier­die van Pra­vin ge­sien nie,” het ’n bron in die SAID ge­sê.

“In ’n stryd soos dié moet jy die nar­ra­tief be­paal,” het ’n e­ko­noom en lid van Gord­han se in­for­me­le groep raad­ge­wers ge­sê.

“Dis be­lang­rik om die ge­veg in die o­pen­ba­re a­re­na te voer so­dat men­se dui­de­lik kan sien wat ge­beur. Dit is ’n aan­val­len­de ver­de­di­gings­me­ga­nis­me. Hy be­skerm hom­self maar deur tot die aan­val oor te gaan.”

’n Bron na aan Kerk­plein 40 met di­rek­te ken­nis van ge­beu­re sê: “Die (staats­uit-bui­ters) se doel is om Pra­vin aan te kla so­dat hy dan ge­skors kan word.”

Die eer­ste bron sê Gord­han gaan mank aan “ab­so­lu­te po­li­tie­ke dek­vuur”.

“Zu­ma se pro­bleem is dat hy nie ge­sien kan word om di­rek van PG ont­slae te raak nie.

“Sy styl is om an­der die vuil­werk te laat doen, om op ’n af­stand te bly. Wan­neer sy tei­ken ui­t­ein­de­lik aan­ge­kla en ge­skors word, is die pro­bleem iets van die ver­le­de. Dis dalk on­e­le­gant, maar dis Zu­ma se ma­nier.”

Dié tak­tiek het reeds die kop­pe van men­se soos An­wa Dra­mat (oud-Val­ke-baas), I­van Pil­lay (voorm­lai­ge ad­jun-kom­mis­sa­ris van die SAID) en Ro­bert M­cB­ri­de (ge­skors­te hoof van die po­li­sie-wag­hond, O­pod) ge­ëis.

“Die doel is nie nood­wen­dig om jou aan te kla nie, eer­der om jou ver­dag te maak en jou ui­t­ein­de­lik te ver­wy­der. Twee jaar la­ter, wan­neer die saak ui­t­ein­de­lik hof toe gaan, maak dit nie saak of hy skul­dig of on­skul­dig is nie, want jy’s reeds uit.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.