LUR moet op­dok ná on­nie 13­ja­ri­ge duik

Beeld - - Front Page - – Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

’n Jong man wie se been ge­breek het toe hy as 13-ja­ri­ge deur ’n on­der­wy­ser in ’n rug­by­oe­fe­ning ge­duik is, gaan ska­de­ver­goe­ding kry.

To­ny Roux was des­tyds ’n leer­ling aan die Ho­ër­skool Die Wil­gers in die oos­te van P­re­to­ria en het vir ’n o.14-span ge­speel.

Lui­dens die eis­be­son­der­he­de het Fran­cois Post­hu­mus, ’n on­der­wy­ser, op 15 A­pril 2008 op To­ny ge­de­mon­streer hoe ’n “sags­oos-’n-mei­sie- tackle” lyk.

To­ny was nog be­sig om op te staan toe Post­hu­mus sê: “Dít is hoe jy tackle.” Hy het toe ’n “baie fer­mer” duik­slag uit­ge­voer, lui reg­ter Nom­sa K­hu­ma­lo se uit­spraak in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria.

Vol­gens die ge­tui­e­nis was al­bei duik­slae van voor af. To­ny het ge­sê hy het ’n klap­ge­luid ge­hoor en op sy rug ge­val, met Post­hu- mus bo-op hom. Hy kon nie be­weeg nie en het ge­skree. Post­hu­mus is hos­pi­taal toe met hom. Sy lin­ker­ti­bia was ge­breek.

K­hu­ma­lo het eer­gis­ter be­vind Post­hu­mus se op­tre­de was nie net erg na­la­tig nie, maar ook on­re­de­lik.

’n Er­va­re sko­le­rug-by­af­rig­ter het in die saak ge­tuig ’n s­pe­ler wat op die grond is en pro­beer op­staan, mag nie ge­duik word nie. Hy het ook ge­tuig kin­ders se klei­ner ly­we kan nie ’n vol­groei­de man se duik­slag han­teer nie.

To­ny het ook siel­kun­di­ge skok en trau­ma op­ge­doen, lui die hof­stuk­ke. Sy ma het ’n eis van R234 883 plus ren­te en regs­kos­te teen die Gau­teng­se LUR vir on­der­wys in­ge­stel.

Die hof het be­slis dat die LUR vir die vol­le ska­de moet be­taal wat To­ny kan be­wys hy ge­ly het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.