Onnies ge­dreig om­weg te bly

Ty­de­li­ke klas­ka­mers dalk ook be­ska­dig

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tie Louw­Car­stens en Felix Dlangamandla Fo­to’s: FELIX DLANGAMANDLA

On­der­wy­sers in Vu­wa­ni word glo ge­dreig om te keer dat hul­le te­rug skool toe gaan, maar hoof­de be­plan om die na­week “on­der­wys­kam­pe” te hou om ver­al gr. 12-leer­lin­ge weer aan die leer te kry.

Ish­ma­el K­ge­tje­pe, LUR vir on­der­wys in Lim­po­po, het eer­gis­ter ge­sê hul­le het in­lig­ting ge­kry dat van die on­der­wy­sers glo ge­dreig word om hul­le weg te hou van sko­le.

Van die skool­hoof­de gaan “on­der­wys­kam­pe” in die streek re­ël so­dat leer­lin­ge, ver­al die meer as 2 000 ma­trieks, ag­ter­stal­li­ge skool­werk kan in­haal.

Mo­bie­le klas­ka­mers is gis­ter by ver­skeie sko­le in die streek af­ge­le­wer na­dat meer as 20 sko­le twee we­ke ge­le­de af­ge­brand is.

Vroeg­og­gend is ’n klein groe­pie leer­lin­ge na die Ma­lin­ga Wil­son Se­con­da­ry S­chool in Mas­hau, maar hul on­der­wy­sers het nie op­ge­daag nie.

Leer­lin­ge het ge­sê hul­le is moeg vir die ont­wrig­ting en wil leer.

Hoe­wel die Lim­po­po-re­ge­ring al ver­le­de week ge­sê het mo­bie­le klas­ka­mers sal na sko­le ge­stuur word, het die eer­ste ne­ge eers eer­gis­ter­aand in Po­lo­kwa­ne aan­ge­kom. Die eer­ste vier klas­ka­mers is gis­ter­og­gend ná 11:00 by die Frank Muk­ha­swak­hu­le P­ri­ma­ry S­chool af­ge­le­wer ter­wyl die po­li­sie ’n wa­ken­de oog ge­hou het.

Ge­rug­te het eer­gis­ter die rond­te ge­doen dat in­wo­ners wat nié wil hê dat Vu­wa­ni saam met Ma­la­mu­le­le ’n nu­we mu­ni­si­pa­li­teit moet hê nie, be­plan om die mo­bie­le klas­ka­mers te be­ska­dig.

Die po­li­sie sê hul­le sal al­les in hul ver­moë doen om dit te ver­hoed. Die po­li­sie is steeds in groot ge­tal­le in N­ja­las in die ge­bied ont­plooi.

In­tus­sen het die de­par­te­ment van kor­rek­tie­we diens­te (DKD) ook in­ge­spring om te help om sko­le wat brand­ska­de op­ge­doen het, skoon te maak. Ge­van­ge­nes van tron­ke in die ge­bied is na die sko­le ge­neem so­dat hul­le kan help skoon­maak.

Van die sko­le, soos die V­ha­fa­ma­di Se­con­da­ry S­chool in Mas­hau, is heel­te­mal ver­woes. ’n Leer­ling het gis­ter­og­gend vroeg op ’n muur ge­skryf: “Ons is lief vir ons skool.” Dié struk­tu­re sal moont­lik plat­ge­stoot moet word.

P­hu­ti Se­lo­ba, woord­voer­der van die Lim­po­po-re­ge­ring, sê 74 mo­bie­le klas­ka­mers sal van­dees­week na sko­le ge­neem word.

E­li­jah Mhlan­ga, woord­voer­der van die de­par­te­ment van ba­sie­se on­der­wys, sê meer as 200 mo­bie­le klas­ka­mers is no­dig.

Faith Mut­ham­bi, mi­nis­ter van kom­mu­ni­ka­sie wat lid is van die in­ter­mi­nis­te­ri­ë­le taak­span wat pro­ble­me in Vu­wa­ni moet op­los, het gis­ter in haar sny­ers­pak­kie ge­help om groot klip­pe wat deel van ’n pad­ver­sper­ring was weg te rol.

Mo­bie­le klas­ka­mers word gis­ter by die Frank Muk­ha­swa­ku­le P­ri­ma­ry S­chool in Lim­po­po af­ge­laai. Dit is een van die sko­le waar brand­stig­ters groot ska­de aan­ge­rig het.

Een van die leer­lin­ge wat gis­ter in ’n be­ska­dig­de klas­ka­mer van die Ma­lin­ga Wil­son Se­con­da­ry S­chool was om on­der­rig te kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.