Op­po­si­sie gee ANC skuld vir skool­ver­woes­ting

Beeld - - Nuus - Jan Ger­ber

“In ’n see van ar­moe­de is on­der­rig ’n ei­land van hoop.”

Met dié woor­de het Mk­hu­le­ko H­leng­wa (IVP) soos tal­le an­der LP’s gis­ter ’n plei­dooi in die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring (NV) ge­le­wer dat sko­le, en daar­mee saam kin­ders se kans op ’n be­ter le­we, nie ver­nie­tig word nie.

In die de­bat oor die meer as 20 sko­le in die Vu­wa­ni-ge­bied in Lim­po­po wat af­ge­brand is, was daar uit op­po­si­sie-ge­le­de­re een­stem­mig­heid dat die ge­weld wat op­ge­vlam het groot­liks is weens fak­sie­ge­veg­te in die ANC en om­dat die ANC hom­self eer­ste stel pleks daar­van om na die ge­meen- skap te luis­ter.

“Die af­ge­lo­pe na­week is be­rig dat ’n ANC-wyks­raads­lid in heg­te­nis ge­neem is weens sy rol in die brand­stig­ting waar­in meer as 24 sko­le tot die grond af­ge­brand is teen ’n kos­te van meer as R750 mil­joen,” het Ke­vin Mi­le­ham (DA), wat die de­bat aan­ge­vra het, ge­sê.

“Dit wys hoe die ANC van van­dag ver­an­der het. Dit is nie meer die ANC van Nel­son Man­de­la nie, ’n ANC wat om­ge­gee het vir die op­voe­ding van ons kin­ders. Pleks daar­van om die ge­weld­da­di­ge pro­tes te be­ëin­dig, het die ANCraads­lid o­lie op die vuur ge­gooi.”

Floyd S­hi­vam­bu (EFF) het soos Mi­le­ham ge­sê die kri­sis het ont- staan om­dat ’n nu­we mu­ni­si­pa­li­teit aan die men­se van Vu­wa­ni op­ge­dwing word.

“Men­se het nooit vir ’n mu­ni­si­pa­li­teit ge­vra nie. Maar die ge­weld is weens ’n in­ter­ne ANC-ge­kib­bel.”

Hy het ge­sê daar is ANC-le­de wat vir hul pos­te in ’n nu­we mu­ni­si­pa­li­teit vrees en men­se dan aan­hits om sko­le af te brand.

“Ons moet nooit toe­laat dat ge­meen­skap­pe uit­ge­lok word om sko­le af te brand nie.”

Dr. Pie­ter Groe­ne­wald (VF+) het ge­sê die ANC moet vol­le ver­ant­woor­de­lik­heid vir die si­tu­a­sie aan­vaar.

“Wat moet jy van­dag in SuidA­fri­ka doen as jy die aan­dag van die re­ge­ring wil hê? Jy moet af­brand!”

Hy en H­leng­wa het Da­vid Mahlo­bo, mi­nis­ter van staats-vei­lig­heid, ver­oor­deel om­dat sy in­tel­li­gen­sie­diens die brand­stig­ting nie kon voor­sien nie.

“Ag­ba­re Mahlo­bo, ’n mens moet dood­eer­lik met jou wees: Jou in­tel­li­gen­sie­diens is swak,” het H­leng­wa ge­sê.

Mahlo­bo het na die pa­pie­re voor hom ge­kyk.

Groe­ne­wald het aan Mahlo­bo ge­sê: “U is aan die slaap! As u nie aan die slaap is nie, is u me­de­plig­tig, want as u ge­weet het, hoe­kom het u niks ge­doen nie?”

In sy toe­spraak het Mahlo­bo die vrae oor hoe­kom daar nie in­tel­li- gen­sie oor die voor­val­le was nie, nie reg­streeks be­ant­woord nie.

Vol­gens hom word die ge­weld aan­ge­vuur deur ’n paar in­di­vi­due wat vrees dat hul­le hul in­vloed gaan ver­loor, as­ook die “de­moon van stam­ge-bon­den­heid” en sal hul­le on­ge­ag hul po­si­sies aan die pen ry.

Da­vid Mahlo­bo

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.