UJ kry in­ter­dik teen be­to­gers ná brand­ska­de

Beeld - - Nuus - An­le­rie de Wet

Die hoog­ge­regs­hof in Jo­han­nes­burg het gis­ter ’n hof­be­vel aan die U­ni­ver­si­teit van Jo­han­nes­burg (UJ) toe­ge­staan wat e­ni­ge pro­tes­ak­sie op dié u­ni­ver­si­teit se kam­pus ver­bied.

Die u­ni­ver­si­teit se San­la­mou-di­to­ri­um is Maan­dag in die og­gend­u­re in ’n brand ver­woes.

In­ge­vol­ge die hof­be­vel sal e­ni­ge in­di­vi­du of groep wat bin­ne 100 m van die u­ni­ver­si­teit se kam­pus­se of kos­hui­se be­toog, in heg­te­nis ge­neem word.

Tu­mi M­ke­ti, se­ni­or uit­voe­ren­de di­rek­teur in die kan­toor van die vi­se­kan­se­lier, sê die hof­be­vel was be­no­dig na­dat ska­de van so­wat R100 mil­joen aan die ou­di­to­ri­um aan­ge­rig is, as­ook weens an­der po­gings om die u­ni­ver­si­teit se ei­en­dom aan die brand te steek.

Sy sê die hof­be­vel is om die vei­lig- heid van die UJ se men­se en ei­en­dom te ver­se­ker.

“Ons is be­wus daar­van dat dit stu­den­te, per­so­neel­le­de en po­li­tie­ke par­tye se reg is om te be­toog en ons sal dit toe­laat as hul­le die u­ni­ver­si­teit se re­gu­la­sies volg.”

Krag­tens die hof­be­vel mag stu­den­te of per­so­neel ook nie ver­hin­der word om vry­e­lik op die kam­pus te be­weeg nie. Hul­le mag nie be­dreig word nie, amp­te­li­ke u­ni­ver­si­teit­sak- ti­wi­tei­te mag nie ont­wrig word nie en geen ska­de mag aan ei­en­dom aan­ge­rig word nie. Dié be­vel geld tot ein­de Mei. In­tus­sen het ao. Gor­don Bil­ling, woord­voer­der van die B­rix­ton-po­li­sie­kan­toor, ge­sê geen ge­tui­es is nog ge­ï­den­ti­fi­seer nie en geen ver­dag­tes is in heg­te­nis ge­neem nie.

Vol­gens hom is die saak na die pro­vin­si­a­le po­li­sie­kan­toor ver­wys vir ver­de­re on­der­soek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.