Vrou klap se­pie­skurk in win­kel­sen­trum

Beeld - - Nuus - C­har­lea Sie­ber­ha­gen

Die ak­teur Zak Hen­drikz het Sa­ter­dag ’n taai klap in die ge­sig ge­kry ter­wyl hy in die Key West-win­kel­sen­trum in Kru­gers­dorp ge­stap het.

“’n Vrou het na­der ge­stap en eers ge­vra: ‘Is jy in Bin­ne­lan­ders?” sê Hen­drikz.

“‘Jy is ’n skurk!’ het sy ge­sê en my in die ge­sig ge­klap, voor al die men­se in die mall!”

Vol­gens Hen­drikz was hy so ge­skok dat hy be­gin lag het.

“As ek ’n paar tan­de ver­loor het, sou dit se­ker in die hof ge­draai het, maar ek het da­rem nie. Dit was maar net ’n tan­nie wat reg­tig ’n groot aan­han­ger van die se­pie is.

“Ek het dit glad nie ver­wag nie, maar as ak­teur is dit se­ker een van die bes­te kom­pli­men­te. Dat sy so­veel haat vir my ka­rak­ter het, be­ves­tig dat ek ’n goeie job met die ka­rak­ter doen.”

Hen­drikz is in die kykNET­se­pie Bin­ne­lan­ders te sien as die ka­rak­ter E­ben, dr. An­ne­li­ze Roux (Cin­dy S­wa­ne­poel) se ver- vreem­de man en ’n por­tier in die hos­pi­taal. E­ben is ’n moei­lik­heid-ma­ker wat ky­kers rooi laat sien.

“Ek is net bly die vei­lig­heids­wag­te was nie na­by nie, want hul­le sou die si­tu­a­sie glad nie ver­staan het nie,” sê Hen­drikz oor die klap.

“Ná Bal­la­de vir ’n en­ke­ling is ek ge­woond aan die vuil ky­ke. Dit kom maar daar­mee saam as jy ’n skurk speel.”

Hen­drikz was in dié rol­prent te sien as Ga­vin G­reeff, ’n glib­be­ri­ge, on­ge­skik­te koe­rant- re­dak­teur.

“Met Ga­vin G­reeff het ek so ’n re­ak­sie ver­wag, maar na my me­ning is E­ben nie ’n skurk om­dat hy een wil wees nie. Hy het sleg ge­word oor sy om­stan­dig­he­de. Hy het sleg­te be­slui­te ge­neem, maar is nie ’n sleg­te mens nie.”

Hen­drikz is la­ter van­jaar ook te sien as een van die aan­ran­ders in die fliek A­li­son, wat han­del oor A­li­son Bo­tha, wat 20 jaar ge­le­de ont­voer, ver­krag en vir die dood ag­ter­ge­laat is.

Hy ver­tolk wel dik­wels die “ro­man­tie­se held” in te­a­ter­stuk­ke en só hand­haaf hy die ba­lans.

“Ek vind dit baie in­te­res­sant om die skurk te speel, want dit is baie in­ge­wik­kel­der. Dit het ge­woon­lik ook baie meer ge­wig as die ro­man­tie­se held en dit is vir my ’n gro­ter uit­da­ging.”

Vol­gens Hen­drikz was dit vir hom ’n groot uit­da­ging om ge­woond te raak aan die werk­wy­se op ’n se­pie­stel en die baie woor­de wat hy moes leer.

“Dit was die groot­ste aan­pas­sing van my le­we.”

Fo­to: NELIUS RADEMAN

Zak Hen­drikz as die koe­rant­re­dak­teur Ga­vin G­reeff op die stel van Bal­la­de vir ’n en­ke­ling.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.