Prof wil dié hon­de, don­kies se DNS toets

Beeld - - Nuus - El­sa­bé B­rits

Hoe kry jy ’n Ka­roo-don­kie so­ver om in ’n bui­sie te spoeg?

Nie­mand weet nie, maar prof. Mi­ke de Jongh, an­tro­po­loog, gaan bin­ne­kort uit­vind.

De Jongh en ’n span ge­ne­ti­ci het die Kar­re­tjie­men­se van die Ka­roo se DNS ’n paar jaar ge­le­de ge­toets om hul ge­ne­tie­se her­koms te be­paal.

Dit het De Jongh laat dink dat die ge­ne­ti­ka van die don­kies en hon­de van dié men­se, wat taam­lik ge­ï­so­leerd is, ook ’n u­nie­ke ver­haal moet ver­tel.

Hy gaan nou spoeg­mon­sters van die hon­de en don­kies ver­sa­mel met spe­si­a­le bui­sies wat vir die­re ont­werp is.

Dié het hy by dr. Ca­ri­na S­chle­busch van die U­ni­ver­si­teit van Upp­sa­la in S­we­de ge­kry.

“Ek weet nog nie hoe ek dit gaan reg­kry nie, want het jy al ge­sien hoe lyk daai tan­de?

“Maar ’n mens kan da­rem ’n don­kie se DNS ook deur sy neus kry.”

Die hon­de, ti­pie­se A­fri­ca­nis­hon­de, sal dalk ’n raps mak­li­ker wees.

Hy gaan net die mon­sters ver­sa­mel en dan word dit aan S­chle­busch ge­stuur vir die ont­le­ding.

Dit sal die eer­ste keer wees dat don­kies van Suid-A­fri­ka ge­toets word. Die hon­de se DNS kan hy met ’n an­der s­tu­die ver­ge­lyk. Hy glo die re­sul­ta­te sal in­te­res­sant wees.

Hul­le het al voor­heen saam met prof. Him­la Soody­all van die U­ni­ver­si­teit van die Wit­wa­ters­rand be­wys die Kar­re­tjie­men­se is aan moe­ders­kant 100% ver­want aan die K­hoi. Die in­vloed aan va­ders­kant is X­ho­sa (63%) en wit set­laars (26%), en die res is van die San.

Fo­to: EL­SA­BÉ B­RITS

Prof. Mi­ke de Jongh

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.