Sy seuns het nie ’n heel ge­sin, sê De­rick

Beeld - - Nuus - Ro­zan­ne Els

Hoe kan sy kin­ders op hom trots wees as hy nie vir hul­le die een ding kon gee wat hul­le wil hê nie: ’n heel ge­sin?

De­rick Hou­gaard het dié vraag gis­ter op sy T­wit­ter-pro­fiel die wê­reld in­ge­stuur.

Kort te­vo­re het hy in ’n an­der twiet uit­ge­vaar teen men­se wat me­kaar af­breek en ook men­se ge­maan om hul fa­mi­lie eer­ste te plaas.

“Ons mors ons tyd en ons woor­de. Breek af as ge­volg van jou eie ego,” lui die twiet.

Bou eer­der men­se op en wees daar vir hul­le deur dik en dun, skryf hy.

’n Paar mi­nu­te daar­na het hy oor sy en sy eks­vrou, die san­ge­res Kar­lien van Jaars­veld, se twee­ling­seuns ge­twiet.

“Hoe kan my kin­ders op my trots wees? Selfs al het ek deur God se ge­na­de so baie be­reik. Ek het hul­le te­leur­ge­stel met die e­nig­ste ding wat hul­le wou hê. ’n Heel ge­sin.”

Hou­gaard en Van Jaars­veld is in Ok­to­ber 2015 in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria ge­skei. Hul twee­ling, Da­ni­ël en E­li­ah, is twee jaar oud.

Dit is nie die eer­ste keer dat Hou­gaard hom tot die so­si­a­le me­dia wend om oor sy ge­sin te praat nie.

Hou­gaard het by na­vraag ge­sê hy wil nie kom­men­taar le­wer nie, be­rig C­har­lea Sie­ber­ha­gen.

Fo­to: HALO PHOTOGRAPHY

De­rick Hou­gaard en sy twee­ling­seuns, Da­ni­ël en E­li­ah.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.